Toring lê langs die Weskus, ’n afgeleë gehuggie waar ’n hand vol bewoners sukkel-sukkel ’n bestaan probeer maak.
Dis midde-in die Tweede Wêreldoorlog en tye is swaar. ’n Verwoestende storm wat twee dae en nagte duur vernietig die kreeffabriek en jettie heeltemal en alles moet van nuuts af opgerig word. Min weet die drie steunpilare op die dorp, Smittie Steyn, Kerneels Koch en Ockert Blankenberg, dat die storm ’n nuwe era op Toring ingelei het, dat húl Toring nooit meer sal wees soos dit was nie.
’n Roman – die eerste ooit – deur die befaamde kortverhaalskrywer E. Kotze.
4 Februarie 2010
Related posts:
















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.