Dít is van die vrae wat Andreas van Wyk beantwoord in sy rubrieke wat weekliks landwyd in Sake24 verskyn. Hy bespreek opspraakwekkende plaaslike en internasionale regstwiste soos die hofsaak tussen twee Duitse dieretuine oor die ysbeer Knut.
Uit baie rubrieke is daar vir Jan Alleman waardevolle lesse te leer. Aan die hand van ’n paartjie van Plettenbergbaai se saak in die Bloemfonteinse appèlhof verduidelik Van Wyk byvoorbeeld dat saambly-paartjies wel sekere regte het. In nog ’n rubriek kom werknemers se regte ten opsigte van hul kleredrag en haarstyle weer ter sprake.
Van Wyk gebruik gereeld nuusgebeure om sekere regspunte te bespreek. Hy kyk ook na spesifieke wetgewing soos die Maatskappywet en die probleme daarrondom. Sy uitgebreide kennis van die geskiedenis en die internasionale reg sorg vir prikkelende leesstof.
Wie is reg? word 16 Augustus 2012 vrygestel.
Wie is reg? / deur Andreas van Wyk — Tafelberg, 16 Augustus 2012. — 304 p. ; sagteband. — ISBN 9780624054238 :
Koop / Buy Wie is reg? >> (sagteband)
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Wie is reg?, Andreas van Wyk, Maatskappywet, Regte
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)




Bespreking
Geen kommentaar vir “Wie is reg?”