// jy lees ...

Boeke

Witboy in Afrika

Witboy in Afrika
Roekeloos

Stadsjapie Deon Maas besluit om te vlug uit die voorstede en Afrika in te vaar. Oor ’n tydperk van 15 jaar onderneem hy reise na verskeie lande noord van die Limpopo om te ontdek wat dit beteken om ’n Afrikaan te wees.

Hy beland gereeld in die moeilikheid, maar danksy sy vlymskerp humorsin omskep hy enige taai situasie gou in ’n opwindende avontuur.

Soos die aand wat hy saam met olie-diewe in Nigerië deurbring en die keer toe hy tydens sy wittebrood van seerowers in Madagaskar moes vlug.

Maar dit is ook vir hom belangrik om die plaaslike mense te leer ken en iets te wete te kom van ’n vreemde land se geskiedenis en veral sy musiek.

Deon is allesbehalwe jou gemiddelde toeris – kleurvolle karakters en ongewone ervarings is alles deel daarvan om Afrika op die Maas-manier te beleef.

Hy oorleef eienaardige kosse, haglike blyplekke en bedwelmde soldate: Uiteindelik is die vraag seker nie of Deon Maas Afrika sal oorleef nie, maar of Afrika vir Deon Maas gaan oorleef.

Witboy in Afrika deur Dean Maas

Witboy in Afrika deur Dean Maas

Deon Maas is uitgesproke, omstrede en snaaks. Hy het bekendheid verwerf as spitsvondige beoordelaar op die Afrikaanse Idols (kykNET) en later as rubriekskrywer vir die Afrikaanse dagblaaie. Hy skryf tans ’n gereelde rubriek vir Sondag en bied ook ’n radioprogram op RSG aan, Maas op Maandag.

Witboy in Afrika: Reise in die donker kontinent.

Koop / Buy Witboy in Afrika

Ook beskikbaar in Engels as Witboy in Africa.

Die boek word op 12 April 2010 vrygestel.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Sonklong oor Afrika
  2. Vreemdelingskap, magiese realisme en Afrika by Aardklop
  3. Suid-Afrika verwelkom die Konfederasiebeker
  4. Die koning van Afrika
  5. Besoek Suid-Afrika

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site