Stuur jou resensie vir ons by
In Laat daar lig wees kyk Fred Mouton na bekendes uit 'n ongewone hoek.
Laat daar lig wees …
Drie jong mense in 'n beknopte Johannesburgse woonstel. Om hulle rys toringblokke en mynhope. Die stad raas. Fabrieke spuug vuur. Maar die drie jonges bly onaangeraak deur die energie van geld en mag, deur uithangborde wat lok, deur ligte wat knipoog. Waarom is hulle so bedremmeld? Wat lê agter Dawid se morbiede stilte, Hennie se nagmerries en Lydia se desperate liefde?
Suiderkruis …
Agent Snoet en die hondelewe is die derde boek in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks.
Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los.
Net soos in die ander twee boeke, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture.
Hierdie keer moet hulle 'n baie BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm ... maar as Felino nie oppas nie, is hy sy eie (laaste) lewe kwyt! Daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor.
Alistair Ackermann se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks 'n treffer onder jong lesers.
Koop / Buy Agent Snoet en die Hondelewe ...
Sommige dinge smeek om ingesluit te word en dis nie sonder rede dat Afrikaanse musiek voor in die ry staan nie.
In die welverdiende tweede plek is Julius Malema en die ANC Jeugliga.
Is it Just Me or is Everything still Kak? …
30 Nagte in Amsterdam is die bekende skrywer Etienne van Heerden se jongste boek.
Henk Andreas de Melker, eerste museumassistent in 'n klein dorpie in die Oos-Kaap, kry onverwags 'n brief van 'n juris in Nederland. Die brief lig Henk in dat hy sy lankverdwene Tante Zan se huis in Amsterdam geërf het.
30 Nagte in Amsterdam ...
Agent Snoet en die kattekwaad is die tweede aflewering in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks.
Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die eerste boek, die suksesvolle Agent Snoet en die Botterdiamant, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture - en daar is natuurlik tussendeur hope skaterlaghumor.
Alistair Ackermann se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks 'n treffer onder jong lesers.
Koop / Buy Agent Snoet en die Kattekwaad ...
© 1997 - 2008, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.