Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Vos

Vos - Anna M Louw

Die uitgewer, Human & Rousseau, beskryf Vos as 'n diep menslike roman oor die mens se uitgelewerdheid aan die kwade en die katastrofes wat dit kan meebring.

Na vier jaar van 'n uitmergelende droogte in die Noordweste daag die veeboer Vos vir God uit: "As U niks gaan doen nie, dwing U my om self iets te doen". Dit is die begin van Vos se verhouding met 'n Boesman wat homself uitgee as reënmaker.

Met Hans Bokpoot se bemiddeling verkoop Vos soos 'n Faust van ouds sy siel aan die duiwel. En Vos kry reën. Maar 'n kontrak met die Bose bring nie net voorspoed nie.

Die gevierde skrywer van romans soos Kroniek van Perdepoort en Hertzog-pryswenner Anna M Louw beeld in Vos op aangrypende wyse een mens se tragiese reis van obsessie na eenvoud uit. Sy keer hierin terug na die milieu van haar grootwordwêreld: die uitgestrekte bossieveld en blou heuwels van die Hantam, uiteindelik met die stygende plato's op na die drie hoogtelae van die RŰeveld.

Die roman vang mens van die begin af vas met sy treffende beskrywings van die omgewing en die uitwerking van die droogte op mens, dier en plant. Die leser proe die stof en die moedeloosheid. En wanneer Vos hom oorgee aan oerrituele wat God tart en Satan ´n houvas gee, bou die spanning op in afwagting van die onvermydelike gevolge. Ook die beskrywing van Vos se verhouding met sy verwarde vrou, wat geteister word deur sy selfgesentreerde dwalings, bly mens bly. Tydens ´n argument beskuldig hy Nellie byvoorbeeld daarvan dat sy so "lekker kan stilbly".

Ongelukkig neem die spanning af wanneer Vos verander in ´n patetiese, hulpelose siel, wat hom oorgee aan sy "boodskap" en sy verpligtinge versaak. Vos bly nietemin ´n boeiende, buitengewone roman, wat heelwaarskynlik aanspraak sal maak op letterkunde pryse, maar nie bo die gewone leser se vuurmaakplek is nie.

Vos is beskikbaar by boekhandelaars of direk van die uitgewer. Vir meer inligting, skakel Jaco Scholtz by Human & Rousseau, (021) 423-3911.
Koop Vos...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W