Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Van Wyk Louw

Van Wyk Louw: ´n Lewensverhaal

Van Wyk Louw was ´n groot man, ´n groot skrywer, ´n groot denker. En diť biografie oor hom is gepas ´n groot werk. "'n Monumentale werk," noem J C Kannemeyer dit.

Maar dit is nie net ´n akademiese geskiedskrywing nie. Van Wyk Louw se lewe en tydvak word toeganklik, boeiend en openhartig opgeteken in diť biografie in twee volumes.

J C Steyn stap die pad saam met Louw van sy kinderdae op Sutherland af; as opvoedkundige in Kaapstad, Amsterdam en Johannesburg; as skrywer, letterkundige, filosoof, kultuurleier, minnaar en eggenoot. Hy delf in die persoonlikheid van diť merkwaardige mens en gee ´n beeld van sy vurigheid, obsessies, intellek, selftwyfel, sin vir humor en nuuskierigheid.

Persoonlike besonderhede wat nog nooit tevore gepubliseer is nie, het Steyn opgediep en Louw se briewe, aantekeninge en dagboekinskrywings is soms onthutsend, soms komies. Dit is nie net ´n ophemeling van ´n invloedryke figuur nie, Louw se foute en tekortkomings word ook uitgewys.

J J Human noem Van Wyk Louw: ´n Lewensverhaal, "Een van die beste biografieë in Afrikaans. Treffend openhartig. "

Dit is sonder twyfel ´n moet vir enige Van Wyk Louw-aanhanger en vir mense wat nou vir die eerste keer sy werk ontdek.

Die skrywer, J C Steyn, is self ´n bekroonde taalkundige, digter en geskiedkundige.

Van Wyk Louw: ´n Lewensverhaal word uitgegee deur Tafelberg. Skakel (021) 424-1320 met navrae.
Koop/Buy Van Wyk Louw: ´n Lewensverhaal...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W