Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Ek sien ´n rooi bul storm

Die ou Boereprofeet Siener van Rensburg het reeds vroeg in die 1900's voorspel dat belangstelling in sy profesië aan die einde van die eeu ´n oplewing sal beleef en dat mense weer sy profesië sal oordink en probeer ontleed. Min het hy geweet dat televisieprogramme oor hom gemaak sou word en dat hy selfs in 'n digbundel vereer sou word.

Op die omslag van Trienke Laurie se digbundel, Ek sien ´n rooi bul storm, word die voorspelling sů verwoord:
"Die waarheid van my woorde blyk
as die warm yster daaroor stryk;
midde-in die smeltkroes en stryd
sal die mense opnuut in my gesigte glo.

Trienke Laurie is die wenner van die Ingrid Jonker-prys vir haar debuut, Skietspoel, en in Ek sien ´n rooi bul storm omskep sy Siener van Rensburg se belangrikste visioene tot poësie. Siener is self aan die woord en vertel van angswekkende gesigte wat bewaarheid is, onder meer die lyding van vroue en kinders in die Anglo-Boereoorlog en die verlies van drie van sy kinders. Hy vertel ook hoe God hom as boodskapper gebruik het, soos in die geval van die Boere se Rooi See-wonder, toe Generaal de Wet en sy krygers deur die Engelse teen ´n vol rivier vasgekeer is.

Hy voorspel die opkoms van swart mag in die land en verder in die toekoms sien hy wit tente in die Karoo staan soos vervolgde Christene uit ´n oorloggeteisterde wêreld hierheen vlug.

Een van Siener se merkwaardigste profesië - diť oor die tragiese dood van Generaal Koos de la Rey - word weergegee in die gedig, Die Leeu van Wes-Transvaal.

Laurie gee in haar voorwoord tot die bundel erkenning aan Adriaan Snyman, wie se boek, Siener van Rensburg: Boodskapper van God, sy as hoofbron gebruik het. Haar poësie is baie meer toeganklik as mens die agtergrond van Snyman se boek het, maar selfs sonder dit is Ek sien ´n rooi bul storm ´n interessante, ontstellende ervaring.

Die bundel word uitgegee deur Tafelberg. Skakel hulle tolvrye nommer 0800 220 224 met navrae, of om die boek te bestel.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W