Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Seks & Drugs & Boeremusiek

Seks & Drugs & Boeremusiek

Nelson Mandela het dit gedoen. PW Botha het dit gedoen. François Pienaar het dit natuurlik ook gedoen. En nou: Koos Kombuis se outobiografie. Die enigste een wat deur hom goedgekeur en getjap is as die naakte waarheid. Die Ware Jakob, Koos se manier om homself te versoen met sy verlede. So beskryf die uitgewer, Human & Rousseau hierdie nuwe pronkstuk van hulle.

En Koos se verlede is alles behalwe vervelig. Hy vertel van sy heel eerste openbare optrede (op die ouderdom van ongeveer vyf sekondes), van sy jeugjare as hedonis, van sy ontmoeting met Yassar Arafat ('n bladsy uit die geskiedenis wat nóg Koos nóg Yassar ooit wil oorhê), van die paradokse en die pyn, van hoe lekker die lewe nou vir hom is, van die goue jare wat nog voorlê, en, o ja, natuurlik ook van die seks & drugs & boeremusiek wat al sy pad gekruis het. Alles daarvan, sonder aansien des persoons.

Die populêre Afrikaanse kultusfiguur Koos Kombuis het eintlik geen bekendstelling nodig nie. En al ken baie mense hom vandag as musikant, was hy reeds geruime tyd al 'n gevestigde skrywer voor hy in die middel jare tagtig 'n kitaar opgetel het. Uit sy pen (en soms onder die naam "Andre Letoit") het onder meer boeke soos Suidpunt-jazz, Somer II en Paradise Redecorated verskyn.

Seks & drugs & boeremusiek is Koos Kombuis se eerste volwaardige boek in tien jaar.
Koop/Buy Sex & Drugs & Boeremusiek...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W