Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Nuwe Toneelskryfwerk-wenner

Haydee Hollander

Kobus Moolman, 'n skrywer van Durban is so pas aangekondig as vanjaar se wenner van die beoordelaarsprys op die Festival of Reading of New Writing. Diť fees, wat deur die Netwerk vir Uitvoerende Kunste van Suid-Afrika (NUKSA) aangebied word, is vir nuwe toneelskryfwerk en die jaar in Kalkbaai gehou waar die finaliste se werke as gedramatiseerde voorlesings aangebied is.

Moolman, 'n dosent in kreatiewe skryfwerk in die departement Engels aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, se stuk Full Circle, het die prys ingepalm en aan hom R10 000 in kontant besorg. Vorige pryse sluit in die Ingrid Jonker-prys in 2002 vir sy digbundel Time Like Stone.

Full Circle handel oor mag, identiteit en veranderings, is sterk beÔnvloed deur rolprente en toon elemente van die riller en film noir. Die regie van diť gedramatiseerde voorlesing is behartig deur Steve Pillemer met Sean Cameron Michael, Robyn Olivia, Milton Schorr en Nhlanhla Sicelo in die onderskeie rolle. Moolman se stuk word aanstaande jaar op die Grahamstadse Nasionale Kunstefees opgevoer.

Die gehoorprys is toegeken aan John Kench van die Wes-Kaap vir sy drama Act of Morality met 'n prysgeld van R5 000. Kench is in Brittanje gebore, maar woon geruime tyd in Kaapstad.

Ander finaliste was Fred Benbow-Hebbert (Wes-Kaap) met Comedienne, Martin Koboekae (Gauteng) met Third Coming en Mike van Graan (Wes-Kaap) met Hostile Takeover. Van Graan het sy stuk onder die skuilnaam Peter September ingeskryf. Hy word beskou as 'n beleidmaker en hoog aangeskryf as administrateur, het 'n termyn as sekretaris van die Nasionale Kunste Koalisie uitgedien in die middel negentigs en was selfs adviseur vir die Minister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie. In 2001 ontvang hy die toekenning Joernalis van die jaar vir sy weeklikse rubriek The Cultural Weapon, op Artslink.co.za.

Die beoordelaars was Delecia Forbes, Ashraf Johaardien en Liz Mills. Die finaliste vir vanjaar se fees is gekies uit sowat 40 inskrywings van oral in Suid-Afrika. Die fees word deur die Netwerk vir Uitvoerende Kunste van Suid-Afrika (Nuksa) aangebied. Vir meer besonderhede skakel 011 880 5486.

Bronne:
Die Burger
Liz Mills
Pieter Taljaard


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W