Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Perlemoenmaan

Nianne kry die kans om 'n tyd lank in haar vriend Martin de la Hunt se kothuis op die skilderagtige dorpie Birkenshire te gaan bly. Dit pas haar uitstekend, want sy is nog besig om van 'n traumatiese egskeiding te herstel. Ook wil sy graag haar boek oor wonderlike verhale uit die verlede in rus en vrede voltooi. Maar dit is haar nie beskore nie. Haar koms na Birkenshire laat die skindertonge van di, dorp behoorlik gons. En Neale Kirstein, die geheimsinnige en eksentrieke alleenloper-argitek, kry dit reg om haar om elke hoek en draai te ontsenu. Om nie te praat van die byna popmooi en onvoorspelbare Loeka nie. En toe die rivier wat langs die dorp verbyloop, een middag in beroering kom, gebeur wat Nianne net nooit sou kon voorsien nie ...

Chanette Paul is in Johannesburg gebore en het ietwat nomadies grootgeword soos die nege skole en vyf universiteite waar sy onderwys is, getuig. 'n Kleuterverhaal vir die radio, uitgesaai op die destydse Siembamba, was op sestienjarige ouderdom haar eerste suksesvolle skryfpoging.

Sy matrikuleer aan die Ermelose HoŽrskool en voltooi haar BA-graad aan die PU vir CHO en 'n HOD (cum laude) aan die UOVS. Daarna volg 'n honneursgraad in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde (UNISA) en 'n paar jaar later voltooi sy haar MA (cum laude) onder leiding van prof. Johann Johl (RAU). Vir die skripsie wat deel uitmaak van hierdie graad, ontvang sy die Simon Wainstein-prys.

Na 'n loopbaan in die klerebedryf begin sy in 1995 weer skryf. Vir haar eerste poging, 'n sogenaamde hygroman, ontvang sy die Perskor-prys vir die beste hygliteratuur. Hierna volg 'n verskeidenheid humoristiese artikels, miniverhale, kortverhale, novelles en vervolgverhale gepubliseer in onder meer Sarie, Rooi Rose, Huisgenoot, Finesse en De Kat. Sedert 1995 publiseer sy verskeie romanses asook 'n historiese liefdesroman. Ses van haar novelles is in bundelvorm uitgegee en sy lewer ook bydraes tot ander bundels, onder meer Donkerveld (uitgegee deur Lapa). 'n Omnibus wat drie van haar eerste liefdesverhale bevat, het verskyn by Jasmyn en 'n aantal van die ander titels is in grootdruk uitgegee. Ook voltooi sy twee ernstiger romans, naamlik Vlerkaf en Wip van die droomvanger. Laasgenoemde was die naaswenner van die ATKV-Prosaprys in 1999.

In 2003 voltooi sy 'n MA in Skeppende Skryfwerk (cum laude) onder leiding van prof. Etienne van Heerden (UK) nadat 'n beurs aan haar toegeken is deur Human en Rousseau-Uitgewers. Die roman wat hieruit voortgespruit het, verskyn later vanjaar.

Sy is van tyd tot tyd betrokke by leeskringe, skryfskole en -werkswinkels en het in 2003 die eerste Manuskripfabriek vir skrywers van romantiese fiksie gehou - iets wat sy hoop 'n gereelde instelling sal word. Sy doen ook manuskripkeuring en -werwing vir Lapa-Uitgewers, lei skrywers op in die romantiese genre en evalueer manuskripte vir aspirantskrywers.

Benewens lees (alles wat voorkom), reis (waarheen ook al) en musiek (Theuns Jordaan tot Tchaikovsky) betrek haar ander passies onder meer mitologie, die misterieuse en esoteriese, kayak, skubaduik, snorkel en onderwater-ekologie.

Chanette het in 2003 die Klein Karoo verruil vir die Overberg waar sy haar voltyds toelÍ op storie-verwante bedrywighede.
Koop / Buy Perlemoenmaan...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W

Great South Africans
Great South Africans