AFDELINGS

DIENSTE

Great South Africans
Great South Africans

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Roekelose Woordeboek

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom

Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Waar kom padda in die keel vandaan? Hoekom het boontjie sy loontjie gekry? Van waar het Dawid gekom om die wortels te grawe? Waarom moes Ferreira sy goed vat en trek? Wat doen Kolmuis as sy wasgoed vreet? Vir die eerste keer word verklaar hoekom grappies op 'n stokkie kom, Maandae blou is, hoe jy iemand iets in die skoene kan skuif. En dit is net die oortjies van die seekoei.

Meer as 8 000 idiome en uitdrukkings ("die siel van Afrikaans")
Interessante stories en brokkies oor die herkoms van sowat 1 000 bekende en minder bekende spreekwoorde, tipografies geskei van die hoofinskrywing self, sodat die boek nie net nuttig vir studente is nie, maar ook vermaaklik vir snuffellesers.
Bevat hedendaagse Afrikaanse uitdrukkings wat nog n^rens anders verskyn nie, soos: met die handsak geklap wees, nie sodat jy dit sal agterkom nie, 'n hond uit 'n bos praat, die bal skop voor die fluitjie geblaas het, 'n oorstootdrie druk, net die oortjies van die seekoei, en baie meer.
Ook die herkoms van verouderde en verouderende, selfs eg Nederlandse inskrywings, is nagespoor, omdat talle daarvan nog in ouer Afrikaanse tekste leef en nie deur bestaande handwoordeboeke verklaar word nie, soos om prat te gaan op iets, iets op 'n prik te ken, rapat te wees.
By elke inskrywing word die Engelse ekwivalent gegee.
Gidswoorde dui aan waaroor elke spreekwoord gaan.
In 'n omvattende indeks agterin word die gidswoorde alfabeties gelys, sodat iemand wat 'n spreekwoord oor 'n spesifieke onderwerp soek, maklik en vinnig al die inskrywings oor die betrokke onderwerp kan naslaan.
Koop / Buy Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W