Stuur jou resensie vir ons by
Eleanor Baker se nuwe roman het as tema die dienende Marta wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol gedienstig te vervul, maar dan deur 'n groot ingryping (hier grotendeels deur haarself geïnisieer) geleidelik bevry word. Die Marta van die titel is 'n middeljarige boervrou wat op 'n dag breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee om 'n einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en sy vind 'n tydelike heenkome in 'n eenvoudige klein vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se reaksie nadat hy agtergekom het sy's weg, en hoe hy ook uiteindelik tot ander insigte kom.
Koop / Buy Die ander Marta....
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.