Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Manaka: Plek van horings

Manaka: Plek van horings

Pieter Pieterse se nagelate roman speel af in die hart van Afrika. Sy kenmerkende humor loop hand aan hand met erns en besinning.

Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terriŽr trek hy saam met transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes. Vier geslagte later maak sy naamgenoot weer kamp aan die Zambezi, by Manaka - Plek van die Horings. Maar die sendelinge maak ook op Manaka aanspraak - en almal moet nog verby die khuta kom - in tonele waarin Pieterse se humor opnuut sy lesers se harte steel. Nie ver van Manaka af nie, haak die vierde Chipman se boot in Liabwa la Twelve vas. In die meesterlike ontknoping en slottonele loop die Chipmans en die Mulambwas se paaie nŠ meer as 'n eeu weer saam.

Pieter Pieterse se reis het op 17 Maart 2002 geŽindig toe hy grusaam om die lewe gebring is in die land wat hy geken en liefgehad het.

"Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi ver onder hom ... Elke mens wat doodgaan, laat iemand agter wat wonder wat van sy siel geword het."
Koop / Buy Manaka: Plek van horings....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W