Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Oranje Blanje Blues - 'n Nostalgiese trip

Oranje Blanje Blues - 'n Nostalgiese trip

Toast Coetzer

Max du Preez is duidelik nie lui nie - hierdie is sy derde boek in skaars 2 jaar. Sy nuutste, wat aanvanklik tipografies momenteel soos 'n Jamie Oliver kookboek lyk, is 'n goeie stalmaat vir sy (soort van) outobiografie, Pale Native, maar fokus spesifiek op die die Vrye Weekblad, die alternatiewe Afrikaanse nuusblad - waarvan hy redakteur was - wat tussen 1988 en 1994 lig in die drek verskaf het.

Ek't nooit 'n Vrye Weekblad gesien nie. Ek't tussen twee plattelandse dorpe grootgeword het waar jy byvoorbeeld eers Nirvana ontdek het toe Kurt Cobain (en ja, lank en sinneloos gestry oor of dit dan nou Kurdt of Kurt is - as ons teen toe al maar Conrad se Kurtz geken het, sou dit glad nie 'n kwelpunt gewees het nie) al lankal dood was, dus het ek vir die eerste keer ordentlik van die Vrye Weekblad gehoor toe ek universiteit toe gegaan het en joernalistiek gaan swot het - ditto VoŽlvrytoer en 'n handvol ander goed wat nogals goeie afleiding van CSV, Voortrekkers en kadette kon gebied het.

Oranje Blanje Blues is fantasties in die opsig dat dit beide die oningeligtes gaan verhelder met 'n stuk koerantgeskiedenis waarop ons met reg trots kan wees en diť handjievol wat toegang daartoe gehad het tussen '88 en '94 op die subtitel se beloofde 'nostalgiese trip' sal vat. Verder (soos Pale Native meer as die storie van Du Preez alleen was) is dit veel meer as bloot die verhaal van 'n koerant. Hier is 'n tipe gemaklike geskiedskrywing, 'n verkorte weergawe van 'n deurmekaar tyd in ons land se verlede, toe inligting beskikbaar in die massa-media meer as dikwels waninligting was, of eenvoudig 'n onverdunde pot stront.

Dis ook sommer net opwindend, dae toe joernaliste (Joao Silva en Greg Marinovich se The Bang Bang Club behoort langs Oranje Blanje Blues in die skoolbiblioteek te staan) moes gaan soek het na stories en nie net in die kantoor sit en wag het vir die faksmasjien om te spoeg nie. Dit was gevaarlik, daar was doodsdreigemente, briefbomme en afluistery. En 'n paar lekker parties.

Dit was ook die tyd van die Groot Krokodil, Derde Magte, die bevryding van Mandela, Winnie, die moord op Chris Hani en natuurlik van die Vrye Weekblad se grootste scoops: Vlakplaas se doen en late soos onthul deur Dirk Coetzee, Eugene de Kock en sy moordbende-aktiwiteite en Lothar Neethling se gif (die lastersaak wat hy teen VWB aanhangig gemaak het, was met die tweede probeerslag suksesvol en het tot die noodgedwonge sluiting van die nuusblad gelei).

'n Interessante hoofstuk handel oor die manier waarop VWB die Afrikaner se soeke na indentiteit (Afrikaner vs Afrikaan vs Boer vs Afrikaner ens) gedek het teen die einde van die apartheid-era asook probeer vooruit kyk het om te probeer sien hoe wit Afrikaanssprekendes hulself in 'n toekomsbestel sou sien.

Wat nostalgie betref, is van die lekkerste dele om te lees diť oor die VoŽlvry-fenomeen (Hoofstuk 2), wat veral verpligtende leesstof is vir jong Afrikaanse musiekaanhangers, vir bietjie agtergrond oor waar Koos Kombuis en Johannes Kerkorrel (en daar's natuurlik 'n fascinating support cast) hul naam gemaak het. Dit sit summier vandag se boudswaai-kultuurfeestenters in perspektief.

Die dele oor die styl en aanslag van die VWB, veral waar dit by dinge soos uitleg en die dekking van kuns en kultuur kom, is ewe fantasties. Die boek is vol kleurafdrukke van koerantberigte, asook spotprente en foto's ter illustrasie (ingeval jy byvoorbeeld vergeet het hoe Piet Koornhof lyk en dat die Wit Wolf nie die naam van 'n punkband was nie - ook, op bl 131 het Trevor Manuel 'n lekker Castro-baard) en sommige artikels word in geheel weergegee.

Van die hoogtepunte van diť artikels is 'n skreeusnaakse onderhoud met NataniŽl, 'n totaal surrealistiese een met Brenda Fassie (Charl Blignaut doen beide) en Pearlie Joubert se gesprek met Steve Hofmeyr op 27 (sÍ Steve: "My image, het ek gesien, is soms belangriker as my talent.") In die Fassie-onderhoud verskyn hierdie heen-en-weer:

Charl Blignaut: Brenda, what do you do for fun?
Fassie: I drink Hansa.
Blignaut: What else?
Fassie: I fuck.

Duidelik nie Danny fokken K nie.

Ook die VWB se dekking van die literatuur-scene en skrywersdebatte kry aandag. Dit was 'n ontmoetingsplek vir almal van Breyten tot Fanie Olivier tot Joan Hambidge, Miles, Brink en Krog. En nůg. Een van my gunsteling dele is 'n ope brief van Marius Schoon (nie so 'n bekende figuur vir meeste van ons nie - maar hy was self 12 jaar in die tronk en sy vrou en kind is in 'n briefbomaanval, bedoel vir hom, dood) aan Breyten waarin hy o.a. sÍ:

"Nee, my vriend, 340 jaar se onderdrukking sal nie soos die mŰredou verdwyn nie. Die vryheidsvy is nog klein en hard aan die boom."

Mens besef in sekere gevalle opnuut hoe van hierdie stellings - 15 jaar of ouer - net sowel vandag gepen kon gewees het.

Daar's ook fantastiese onderhoude met Jeanne Goosen, Jan Rabie en Etienne Leroux (deur Koos Prinsloo en Ryk Hattingh!), maar een van die vreemdste stukke joernalistiek in die boek is Du Preez se onderhoud met Verwoerd, skynbaar postuum gedoen via 'n spirituele medium genaamd Rose Winkler. Dis kaksnaaks.

Maar gaan koop nou die donderse boek en lees dit self, ek's nou moeg en het nog drie ander goed om te doen vanaand.
Koop / Buy Oranje Blanje Blues - 'n Nostalgiese trip....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W