Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Van spoke gepraat

Van spoke gepraat

Ná C. J. Langenhoven sy hand daaraan gewaag het, het daar slegs sporadies enkele spookstories in Afrikaans verskyn. Van ons beste gevestigde skrywers en belowendste jongeres (o.a. die agterkleindogter van Langenhoven, Willemien Brümmer) jaag nou in hierdie kraakvars bundel spoke op. Die stories - nuut geskep, behalwe twee voortreflike verhale wat reeds verskyn het - gaan grotendeels oor dwaalgeeste of "teenwoordighede uit 'n ander dimensie". Geeste in diere, in ou plaashuise, in die waaksaal van 'n hospitaal, in die nagmis langs die see. Dwaalgeeste wat langs die pad staan en ryloop, wat aan jou deur kom hamer, wat kom om hul eie moorde op te los, wat soms vir pynlike verlies vergoed deur te troos. In hierdie leesbare bundel met verhale vol atmosfeer is die werk opgeneem van Hennie Aucamp, Pirow Bekker, Nini Bennett, François Bloemhof, Danie Botha, Helen Brain, Marianna Brandt, Willemien Brümmer, E.K.M. Dido, Tom Dreyer, Rachelle Greeff, Pieter Haasbroek, Jaco Jacobs, E. Kotze, Leonard Koza, André le Roux, Johnita le Roux, Petra Müller, Frank Roger, Leon Rousseau, Esta Steyn, Adriaan Snyman, Pieter Stoffberg, Marita van Aswegen, Marita van der Vyver, Johan van Lill, Engela van Rooyen, Jan Vermeulen, Ben Viljoen, Fanie Viljoen en George Weideman. As jy Van spoke gepraat gelees het, sal "spoke" nooit weer dieselfde wees nie!
Koop / Buy Van spoke gepraat....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W