Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Aandstories Vir Kleuters

Aandstories Vir Kleuters

Die Rooi Boek, soos na hierdie sprokiesboek verwys word, het oorspronklik in 1970 in Afrikaans verskyn en was so gewild dat dit sedertien reeds agt keer herdruk is - in totaal byna 90 000 eksemplare. En hier's hy nou weer.

Hier is al die sprokies en mooi kleurprente waarmee so vele van vandag se grootmense grootgeword het - en nooit sal vergeet nie. Dis die stories wat jou saans bed toe gelok het en waarmee jy leer lees het. En hier is hulle nou almal: Die Skone Slaapster, Die Lelike Eendjie, Sneeuwitjie En Die Sewe Dwergies, Heidi, Aspoestertjie, Jan En Die Boontjierank, Gouelokkie En Die Drie Beertjies, Klein Duimpie en Rooikappie. Plus 14 kleuterrympies deur onder andere Leon Rousseau en E P du Plessis. Alles in lekker Afrikaans, maklik verstaanbaar, maar sonder om kinders se intelligensie te onderskat. Lees dit saans vir die kleingoed voor of laat hulle self hul Rooi Boek van voor tot agter deurlees - en weer lees.

Die Rooi Boek is so onmisbaar op die Afrikaanse rak reg langs die Kook en Geniet.
Koop / Buy Aandstories Vir Kleuters....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W