Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Behaar aandagafleibaarheid

Beheer aandagafleibaarheid: 'n Suid-Afrikaanse gids vir ouers, onderwysers en terapeute

Van soveel as 10% van skoolgaande kinders en 4% van studente aan tersiere inrigtings word gesÍ dat hulle konsentrasieprobleme het, met of sonder gepaardgaande hiperaktiwiteit.

Hierdie toeganklike, omvattende en leesbare gids bevat die jongste inligting oor die hantering van ATHV (aandagtekorthiperaktiwiteitversteuring). In 'n meelewende geselstrant, toegelig met onderhoudende gevallestudies, vertel die skrywer hoe sy baie van die jongste behandelingsmetodes, wat fisieke terapiee, ontspanningstegnieke, dieetaanpassings en nuwe medikasie insluit, in haar praktyk beproef het.

Sy verskaf die nuutste genetiese en neurochemiese navorsingsgewens, en ook die jongste bevindinge oor byvoorbeeld die langtermyn gevolge van die gebruik van 'ouer' medikasie soos Ritalin.

Verwikkelinge in die onderwysdepartemente om voorsiening te maak vir die hantering van ATHV-kinder in die klaskamer word eweneens bespreek.

Die titel sal sy lesers bemagtig om sinvolle keuses te kan doen uit die verwarrende behandelingsopsies, en verskaf waardevolle raad oor praktiese dinge wat tuis en in die klaskamer gedoen kan word om die probleem van aandagafleibaarheid, met of sonder hiperaktiwiteit, aan te spreek.
Koop / Buy Beheer aandagafleibaarheid: 'n Suid-Afrikaanse gids vir ouers, onderwysers en terapeute....


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W