Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Sewe Kleure Boeke maak haar buiging

Die bekendstelling van Sewe Kleure Boeke, asook hul eerste boek, die kortverhaalbundel Viersprong, het op 26 Julie plaasgevind in die tuin en kapel van Susan Berry se Gooseberry-gastehuis in Linden, Johannesburg.

By die bekendstelling het uitgewer Nadia de Kock genoem dat een van haar hoofdoelwitte was om meer lesers na Afrikaans te lei. "As ek tien mense kan oortuig om Afrikaans te lees, sal ek bly wees," het sy gesÍ. "As ek 'n duidend kan oortuig sal ek ekstaties wees."

Gasspreker Lizz Meiring het verwys na 'n gesprek met Jeanne Goosen: "Jeanne sÍ 'skryf bly 'n daad van masochisme, veral as jy in Afrikaans skryf, want jy wals heeltyd tussen wanhoop en bankrotskap.'" Een van de Kock se doelwitte is dat haar uitgewery finansieŽl selfonderhoudend moet wees.

Viersprong (wat nou by boekwinkels beskikbaar is) is 'n kortverhaalbundel geskryf deur 'Die Ongewone Engele', vier skrwyers (de Kock self, Anel Heydenrych, Trisa Hugo en Annemari Coetser). Tussen hulle het hulle alreeds 'n aantal verhale in onder andere Huisgenoot, Rooi Rose en Sarie gepubliseer, maar met die bundel, waar die tydskrifbeperkings nie van toepassing is nie, is die stories meer vrylik geskryf en heelwat langer: tussen twee- en vyfduisend woorde.

Sewe Kleure beoog om elke jaar drie boeke vry te stel en die volgende op die lys is 'n erotiese roman deur debuutskrywer, Annelise Erasmus, asook 'n roman gebaseer op die lewe van die berugte Johannesburg medikus van die vyftigerjare, Louis BŁchner, deur Dries Brunt.

Die aand, wat deur bekendes soos HUB van Penguin Books, Alison Lowry, Christa Steyn en Jannie du Toit, Erald Felix, Bruce Millar van die SABC, Denver Vraagom en Ingrid Paulus bygewoon is, was 'n fees van musiek, wyn en woorde. Charlene Truter van Pasella-faam, begelei deur Andrew Currin, was die gaskunstenaar, Zandra en Nadia van Cutt Glas asook Mick Matthews en vioolspeler Eliot Short het musiek gemaak.


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W