Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Byna liefde

Byna liefde, kortverhale op die snykant van die liefde, dit is Izak de Vries se jongste bundel. Wesenlik gaan hierdie verhale oor twee kompulsies: die liefde en skryf oor die liefde. In 'n sekere sin gaan dit oor die soeke na die volmaakte liefdesverhaal - op papier sowel as in die lewe.

In die manier waarop Izak de Vries die twee soekes vermeng, bring hy iets heeltemal in voeling met die tydsgees tot stand: vuurwarm, uitdagend, maar heeltyd soekend en speurend na die voorwaardes waarop nie net begeer word nie, maar ook waarop skrywend begeer word.

Dit is verhale waarin klomp verborgenhede eksplisiet gemaak word: seks, buitensporige seks, en allerhande nuwe maniere waarop na seksuele vervulling gesoek word. En dan sien jy telkens ook hoe 'n skrywer se begeerte na sy karakters se begeerte eksplisiet gemaak word, hoe 'n skrywer en/of kunstenaar deur sy eie begeertes gelei en verlei word … totdat sy eie karakters terugpraat, die objekte van sy begeerte beswaar maak teen sy al te gemaklike manlike fantasieŽ.

Byna liefdeKitsliefde oor die internet, ongebreidelde begeerte, oop verhoudings … bevredig dit die mens se soek na die liefde? Begeerte, wys Izak de Vries, bly lewend deur die onvervulbaarheid daarvan. Die liefde bly daarom, soos skryfwerk oor die liefde, altyd net dit: byna liefde.
Koop Byna liefde...


Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.


0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W