Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Frats

Hierdie boeiende en ontroerende roman is gebaseer op die lewensverhaal van Saartje Baartman en verken 'n pynlike moment in ons koloniale geskiedenis.

Dit vertel die verhaal van Khoena, 'n vrou van Khoi-afkoms, wat vroeg in die 19de eeu onder valse voorwendsels van die Kaap na Londen toe geneem word om daar as 'n "frats" ten toon gestel te word.

Hierdie is ook die verhaal van 'n Engelse vrou, Dolly en haar vriend Simon, 'n Londense joernalis, wat hulle beywer vir die vrystelling van mense wat uitgebuit word in die sg "freak shows". Dolly maak tydens hierdie proses vriende met Khoena en ontferm haar oor Khoena se welstand. Later, ten spyte van al Dolly se pogings, beland Khoena egter in Parys, waar sy uiteindelik die bisarre fokus is van anatomiste se wetenskaplike studies.

FratsDie skrywer, Chris Karsten, roep 'n uiters geloofwaardige, tasbare en kleurryke wÍreld op en die besonderse detail trek die leser onweerstaanbaar in. Sy roman word 'n kragtige appŤl oor onreg en die brose vermoŽns van die mens om daaroor te triomfeer.
Koop / Buy Frats ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W