Stuur jou resensie vir ons by
Pomp stel Suid-Afrikaners bekend aan die konsep van `n uitsonder- like kuns- en kultuurjoernaal.
Hierdie opwindende nuwe titel is `n stylvolle, lewendige en polsende publikasie wat die kunste in Afrikaans vier. Dit verleen `n wegbreek vir die ondersoekende gees, en stel ten toon die beste wat Suid-Afrika het om te bied in kuns en kunstenaars. Hierdeur word neigings en tendense bekendgestel en word jong toonaangeërs gelanseer.
Die visueel-prikkelende inhoud bestaan uit uitnemende fotojoernalistieke elemente en ondersteun daardeur die gesaghebbende seksionele snit wat dit maak deur die verskillende genres van die Suid-Afrikaanse kuns- en kultuurlandskap: skone kuns, fotografie, beeldhouwerk, argitektuur, leefstyl, reis, kos en wyn en vele meer.
Verskeie bekende en opkomende name skryf in Pomp 08: Hans Pienaar, Riana Scheepers, Joan Hambidge, Dana Snyman, Kleinboer, Cherie Collins, Kasha Potgieter, Adolph van Coller, Andries Bezuidenhout, Daan du Plessis, Erns Grundling, Vincent Pienaar, Chutney de Ridder, Mariette Snyman, Jean Oosthuizen, Johan Badenhorst en Steve Hofmeyr.
Lees Pomp 08 en kom kuier saam in die Karoo Café en in sexy Sunnyside, kom vroetel deur die Boeremark en vier fees by Oppikoppi;
kom reis saam na die piramides van Meroë, en ook na Mosambiek
en Kenia; kom stap deur Absa se kunsversameling en wandel deur
die toonaangewende Irene Village Sentrum. Kom lees meer oor
80 Afrikaanse boeke en sien die diverse Suid-Afrikaanse landskap
deur die lense van verskeie fotograwe. Kom besigtig ons seksualiteit deur die lens. Kom lees meer oor Elana Afrika, Koos du Plessis,
Elize Botha, Etienne Leroux, jazz in Suid-Afrika, Afrikaanse stripkuns, boekontwerp, die Tokkelossie en oor fotografie as terapie. Kom stap in die spore van die Ruiter, kom herleef
Oubaas Heyns se films en kom loer in by Kompleks. Kom lees oor ink in jou are, kom maak tuin saam met Sanna;
kom beleef saam die Krag van Drome, kom betrag godsdiens en spiritualiteit en kom stap saam in die koel kelders
van Saronsberg.
Dit en vele meer nooi die leser uit om onbevange te pomp in Afrikaans.
Die eerste bekendstelling van Pomp 08 was tydens die opening van die Absa-kunsuitstalling tydens die 2008 Absa KKNK. Al die werke van dié uitstalling is ook in Pomp teenwoordig. Ander Pomp-borge wat ook by KKNK teen- woordig was is Nissan en Klipdrift.
Verskeie bekende name in die vermaaklikheidsbedryf, asook feesgangers wat die publikasie aangekoop het, het die publikasie uitstekend en met lof ontvang. `n Aanmerking aldus een: "Wow, sjoe, ongelooflik, wat se woorde kan ek nog uitdink. BAIE GELUK. UITEINDELIK is daar `n goed ontwerpte boek wat internasionaal lyk, soos BAIE van ons Afrikaanssprekendes praat en dink, maar net nooit publikasie sien nie. Ons moet maar altyd `Wall Paper' koop."
Pomp 08 was ook die topverkoper by die KKNK Boekeparadys, die grootste en amptelike boekestal by die fees.
Pomp 08 is by die meeste boekhandelaars beskikbaar vanaf begin April 2008. Pomp 08 is ook opgeneem in die
gesogte Homebru-uitsoeklys van Exclusive Books, 2008.
Koop / Buy Pomp 08 ...
Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!
Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.
© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.