Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Suiderkruis

Drie jong mense in 'n beknopte Johannesburgse woonstel. Om hulle rys toringblokke en mynhope. Die stad raas. Fabrieke spuug vuur. Maar die drie jonges bly onaangeraak deur die energie van geld en mag, deur uithangborde wat lok, deur ligte wat knipoog. Waarom is hulle so bedremmeld? Wat lÍ agter Dawid se morbiede stilte, Hennie se nagmerries en Lydia se desperate liefde?

Mornť Malan loop met sy roman, wenner van die debuutprys van Sanlam en Insig se Groot Romanwedstryd, op die spoor van hierdie vrae. Broksgewys word getoon dat hoŽr as die toringblokke 'n Suiderkruis-windpomp uitrys, dat groter en dwingender as die stad 'n Vrystaatse vlakte uitstrek in die gemoedere van hierdie drie jong mense.

Die verhaal van hul stedelike malaise begin ontvou toe hul ma, Magriet, na nege jaar aan hul woonsteldeur klop. Magriet het haar kinders opgespoor, en uiteindelik kan die verhaal van hul verwydering vertel word. Beurtelings begin hulle vertel: Magriet, Dawid, Hennie en Lydia. Dit is 'n oerverhaal van geŽrfde pyn en skuld wat Malan op 'n virtuose wyse nuwe relevansie gee. Wat het gebeur dat dat daar 'n windpomp onuitwisbaar in elkeen se bewussyn staan en kerm?

Waarteen het die enigmatiese Magriet so sterk geveg dat sy haar eie kinders van haar weggedryf het? Waarom het Dawid en Hennie weggevlug van die krag van hul ma wat hulle vir jare staande gehou het teen die aanslae van hul pa? Wat is dit wat Lydia aan Dawid verbind terwyl sy hele wese terughunker na 'n donker gat in sy verlede?

SuiderkruisElkeen van die betrokkenes kry 'n beurt om te vertel. Elkeen probeer verduidelik. Elkeen probeer verstaan. Die verhaal van Magriet se verset teen kleindorpse vooroordele en haar gewelddadige man kom so tot stand. Ook die verhaal van Dawid se wanhopige verset teen sy pa. Die verhaal van hul pa se gewelddadige dood. Die hofsaak wat gevolg het. Maar die uitdaging vir elkeen se begrip, se insig en menslikheid, is waarom die verset teen die patriargie omgeswaai het in 'n stryd teen die ma. En waarom die terughunkering na 'n donker verlede so akuut gebly het.

Malan toon hoe die hunkering terug na die moederbodem en die vroegste impulse selfs in die huidige era 'n dwingende werklikheid bly. En hy wys hoe hierdie hunkering na 'n verlore paradys 'n begeerte na die dood is. Sy karakters is byderwets, die ruimte weergalm met die geluide van 'n hedendaagse stadsbestaan. Maar alles word onderlÍ deur 'n oeroue droefheid.

Die krag van Malan se prosa setel in sy vermoŽ om oortuigend aan te toon hoe die mens se heel nuutste strewes steeds bly veg teen van die vroegste reste van die menslike ontstaansgeskiedenis.
Koop / Buy Suiderkruis ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W