Roekeloos.co.zaRoekeloos.co.za

AFDELINGS

DIENSTE

TEKEN IN/UIT
op Roekeloos
se weeklikse nuusbrief!

Webwerf bepalings en voorwaardes

BOEKRAK

Stuur jou resensie vir ons by

Trompie die vegter

Die eksamen begin oor tien dae, maar Trompie voel dit is gans te vroeg om nou al te leer, want dan sal 'n mens eenvoudig weer alles vergeet.

Rooie en Blikkies besluit om hierdie teorie op die proef te stel, maar Dawie weet soos gewoonlik van beter. Intussen is 'n nuwe seun in die skool besig om ons held se lewe te versuur deur allerhande stories oor hom te versprei. Dit word later duidelik dat hierdie vent Trompie wil dwing om teen hom te baklei, maar die sproetgesig is versigtig vir hom, want hy is groot en sterk en het 'n reputasie as 'n bobaas vegter. Dinge kom egter tot 'n punt wanneer die seun Dawie eendag seermaak. Die Boksombende se Grootkaptein besluit tot hiertoe en nie verder nie - die boelie moet op sy plek gesit word. Omtrent al Kwaggaberg se kinders daag by die dam in die kloof op vir hierdie groot kragmeting.

Kort voor die eksamen besluit Trompie om vir Rooie 'n poets te bak. Hy smeer 'n handvol toffies vol gom en neem dit skool toe, maar dan ruk sake handuit en die skool se onderhoof ťn hoof se kake loop lelik deur!

Trompie die vegter Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era 'n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.
Koop / Buy Trompie die vegter ...

Stuur gerus jou brokkie nuus, bydrae of reaksie vir ons. Ons plaas (amper) alles!

Maak jou stem dik op ons Forum, stuur jou kommentaar / bydrae na of faks dit na 0866668575.

© 1997 - 2006, Roekeloos.co.za, bydraers, skrywers en kunstenaars. Roekeloos.co.za besit kopiereg op alle inhoud vir die doel van publikasie, tensy anders aangedui, uitgesluit die kopiereg van sekere bydraes wat berus by die outeurs. - LET WEL: Die sienswyses hier uitgespreek en die grafiese materiaal wat hier vertoon word reflekteer nie noodwendig die mening van Roekeloos.co.za nie, maar slegs die van die betrokke skrywer, bydraer of kunstenaar.

0 - 9
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
R
S
T
U
V
W