Twee konstabels is in hegtenis geneem nadat hulle met prostitute in hul polisiepaneelwa betrap is, lui ‘n berig.
Meer as 1 000 onderwysers het nie Dinsdag vir die begin van die tweede skoolkwartaal opgedaag nie, lui ‘n berig.
Toe ‘n man van Johannesburg Sondag gekaap is, het hy dadelik sy meisie ge-SMS. Lynn Peters het toe dadelik die nommerplaat getwiet en die publiek gevra om te help.
‘n Man is Maandag in Pretoria vasgetrek nadat hy op ‘n motorfiets teen 201 km/h gejaag het terwyl hy onder die invloed van alkohol was, het die Gautengse verkeerpolisie gesê.
Oostenrykse en Japannese navorsers het Woensdag sonselle bekendgestel wat dunner as die sydraadjie van ‘n spinnerak is en buigbaar genoeg is om om ‘n menslike haar gedraai te word.
Dis net ‘n bultjie. Hoe moeilik kan dit nou wees?
Word deel van die beweging teen klimaatsverandering.
‘n Vermeende rower sal Vrydag in die Humansdorp-landdroshof verskyn nadat hy in ‘n bus probeer vlug het.
Sommige Christene kritiseer Woolworths omdat hy ‘n halaal-sertifiseringsmerk op sy paasbolletjies geplaas het, maar ‘n biskop sê egter mense oorreageer.
‘n KwaZulu-Natalse skoolhoof het vir byna sewe jaar sy volle salaris gekry sonder om in die posisie aangestel te wees, het The Mercury berig.
DrawTheShitler verkoop toiletpapier met Adolf Hitler se gesig op – sonder die snor. Jy verskaf die snor soos jy afvee.
‘n Self-geproklameerde profeet van Mandeni in KwaZulu-Natal beweer hy was al vier keer in die hemel, lui ‘n berig.
Yusuf Ambramjee, uitvoerende hoof van Primedia Broadcasting, is gevloek toe hy die afgelope naweek die nooddiensnommer 10111 gebel het.
Onlangse kommentaar