// argiewe

Grappe

Hierdie afdeling bevat 472 bydraes

Hond

Waar kry jy ´n hond sonder bene?

Vlermuis

Wat het die vlermuis vir die vlermeisie gevra? “Hang jy gereeld hier uit?”

Vlieë

Twee vlieë sit in ‘n restaurant. Een bestel poef met knoffel. Die ander een sê: “Net poef vir my asseblief, knoffel laat my asem stink!” Sê die vlieg terwyl hy oor die spieël stap: “Dit is een manier om daarna te kyk.”

Vliegduiwe

Ek het gehoor hulle gaan nou vliegduiwe met papegaaie begin kruis … sodat hul kan rigting vra as hulle verdwaal. ingestuur deur Deon Diedericks

Vlooi

Twee vlooie kom uit die fliek uit. Die een sê vir die ander: “Spring ons huis toe of vat ons ‘n hond?” ‘n Vlooi hardloop by ‘n kroeg in, slaan vyf dubbel whisky’s weg, hardloop uit, spring in die lug, moer op sy bek neer, staan op en skree: ‘O Hel! My hond is gesteel!’

Voëlgriep

‘n Beer, ‘n leeu en ‘n hoender ontmoet. Beer: “As ek raas, bewe die hele woud se broeke.” Leeu: “As ek brul, raak ‘n hele kontinent bang.” Hoender: “Dis niks! As ek hoes, maak ‘n hele planeet homself vuil”

Voet

Die jong dame en haar vriend het jare lank gekorrespondeer en diep verlief geraak sonder om mekaar ooit te ontmoet. Maar eendag vra die vriend die jawoord, en hulle haak af en vertrek op hul wittebrood. ‘n Week later ontvang die moeder van die bruid ´n traanbedrupte brief: Moeder, ek is diep geskok. Ek het [...]

Volla

Die BMW vra vir die Volla, “Hoekom sit jou oë buite jou kop en nie soos myne binne nie?” Die Volla sê: “Kom ons kyk hoe lyk jy as hulle jou enjin in jou agterend druk!” ingestuur deur J

Gevang

Die twee seuntjies sit met hulle totties in die water.

Vroue

Die probleem met vroue is dat hulle sommer oor niks opgewonde raak nie … en dan trou hulle daarmee. Twee ouens in Woolworths stamp mekaar se winkeltrollies. Die een sê: “Hel, ek´s jammer, man, maar ek soek my vrou.” “Dis toevallig. Ek soek myne ook.” “Miskien kan ons mekaar help. Hoe lyk jou vrou?” “Sy´s [...]

Vullis

Een oggend hoor ‘n huisvrou die vullislorie verbykom. Sy hol uit toe sy hoor hoe die bure se dromme word leeggemaak. Sy is nog in haar kamerjas, met haar hare in krullers. Haar gesig is met room besmeer. Sy het verslonsde pantoffels aan haar voete. Sy lyk skrikwekkend. Op die sypaadjie roep sy na die [...]

Vulstasie

Gehoor van die ou wie se vrou vir hom gesê het om haar dié aand na ‘n baie duur plek toe uit te neem, toe neem hy haar na die naaste Engen!

Wurm

Thys die Bosveldklong


Switch to our mobile site