Roekeloos » Motors

Nuwe SA brandstofrekord
Dit het selfs vir die Prius na ’n onmoontlike prestasie gelyk, maar ’n Australiese egpaar wat in Suid-Afrika kom vakansie hou het, het met net 140 liter se brandstof reg rondom Suid-Afrika gery.

Helen en John Taylor van die land Doer Onder, is welbekend vir verskeie internasionale brandstofbesparingsrekords, het hul onlangse Suid-Afrikaanse vakansie gebruik om ’n nuwe rekord te probeer opstel.  Hul keuse het op die uiters ekovriendelike Toyota Prius geval, en hulle het die onafhanklike tegniese ingenieursmaatskappy Aswan Consulting aangestel om hulle dwarsoor die land te volg en hul rekordpoging as onafhanklike waarnemers te sertifiseer.

Die Taylors se roete het hulle oor ’n afstand van 4 431,6 km van Johannesburg se vroegoggend-spitsverkeer deur dorpe en stede soos Springbok, Kaapstad, Port Elizabeth, Durban, Piet Retief en uiteindelik terug tot in Johannesburg geneem.

“Suid-Afrika is ’n ongelooflike mooi land, en as ’n mens so deur die platteland ry, voel dit asof jy deur die VSA, Australië, Skotland en Nieu-Seeland ry – alles op een dag,” het die deurwinterde reisigers gesê.

Die Taylors se eerste hervulpunt was in Pofadder in die Noord-Kaap nadat hulle die eerste 1 100,2 km van hul avontuur met net 34,368 liter petrol afgelê het. Die egpaar is vir die rekord-doeleindes net toegelaat om by voorafbepaalde Shell-vulstasies aan te doen, waar dit die vulstasiebestuurder se taak was om die hoeveelheid brandstof aan te teken, die tenk se seël te breek en dit weer te verseël, en pynlik gedetailleerde fotobewyse van die proses te neem.

“Ons beste verbruiksyfer in die Prius was 2,4 liter/100 km oor ’n sekere 50km-gedeelte. Ons het teen gewone snelhgede gery, maar die padverleggings en gedurige gestop en ry het ons gemiddelde spoed vir dié gedeelte tot 53 km/h laat daal,” het die Taylors gesê.

Die 2,4ℓ-rekord kom neer op ’n gemiddelde verbruiksyfer van 41,66 km per liter brandstof, wat enige ander bestaande brandstofverbruikrekord verpletter. Dieselfde geld die algehele rekord-verbruiksyfer wat op 3,148ℓ/100km te staan gekom het en deur die onafhanklike tegniese ouditeur bevestig is. Die Taylors het net 139,488 liter petrol oor ’n afstand van 4 431,6 km op alle soorte padoppervlakke en in uiteenlopende omgewingstoestande gebruik om dié rekord-verbruiklsyfer op te stel.

2011 Prius

Die gesertifiseerde rekord is baie indrukwekkend aangesien dit die amptelike verbruiksyfer vir die Prius, wat as 4,1ℓ/100 km aangegee word, met ’n stewige 23% oortref. Die prestasie is selfs meer indrukwekkend indien ’n mens in ag neem dat ’n gemiddelde 2 liter petrolgedrewe familievoertuig in die omgewing van 7 liter per 100 km verbruik.

Leer kinders goeie bande-gewoontes
Bridgestone Suid-Afrika het gesê ouers hoef nie te wag totdat hul kinders oud genoeg is om self te bestuur om goeie bandesorg-gewoontes aan te leer nie.

“Een van die algemeenste kinderspeelgoed is ’n trapfiets, wat spoedig ’n noodsaaklike vervoermiddel vir baie kinders word,” het Mandy Lovell, Bridgestone se bestuurder van Openbare Betrekkinge, gesê.  “Dit is ’n groot mylpaal vir kinders om sonder oefenwieletjies te kan ry, en baie van die grondslagbeginsels van padveiligheid word op ’n fiets geleer,” het sy bygevoeg.

Baie basiese bandesorg- en instandhoudingsgewoontes wat later in die lewe handige gewoontes kan word, kan aangeleer word terwyl ’n kind ’n fiets vir speel of vervoer gebruik.  Me Lovell het ook gesê dinge soos die noodsaaklikheid van voldoende loopvlakdiepte en nagaan van bande van tyd tot tyd kan verseker dat die fiets se bande nie beskadig word of snye opdoen nie.

Die noodsaaklikheid van die korrekte banddruk is net so belangrik.  “Kinders wat begin fietsry, raak gou bewus van hoe moeilik dit is om met ’n pap band of een wat nie hard genoeg gepomp is nie, te ry,” het Lovell gesê.  “Dit is ’n waardevolle les vir hul later jare wanneer kinders oud genoeg is om te bestuur en ’n gulde geleentheid vir ouers om die gevaar van bandskade of bande wat weens te lae druk kan bars, te verduidelik.”

Ouers word aangeraai om hul kinders van jongs af te leer om na hul fietsbande om te sien, en ook hoe om ’n pap band reg te maak.  Hulle moet ook geleer word om te besef wanneer dit nodig is om een te vervang.  Kinderjare se onvermydelike pap wiele wat deur goed soos dorings of spykers veroorsaak word, is ook ’n goeie leergeleentheid en beklemtoon hoe belangrik dit is om versigtig te ry om skade aan die bande te vermy – ’n vaardigheid wat ewe belangrik agter die stuur van ’n motor as op ’n fiets is.

fietsband

“Fietsry is vir baie kinders ’n alledaagse tydverdryf,” het Lovell gesê. “As kinders bygestaan word om die regte padveiligheid- en bandesorg-gewoontes te leer deur fiets te ry, lê dit ’n stewige grondslag vir die toekoms wanneer hulle gaan leer om ’n motor te bestuur.”

THUMS-familie brei uit
Toyota het ’n klein vroulike figuur en groot manlike-figuur ontwikkel en by sy reeks digitale botsingstoets-poppe gevoeg.

Dié digitale poppe staan bekend as THUMS (Total HUman Model for Safety) en bied ingenieurs die geleentheid om botsingstoetse in veel meer detail na te boots as wat die geval is met normale fisiese botsingstoets-poppe.

Die nuwe digitale model van ’n 153 cm lange vroue-figuur en ’n 189 cm lange manlike figuur sluit aan by die bestaande 179 cm lange manlike figuur met gemiddelde liggaamsbou in die THUMS-reeks. Al drie modelle word in twee weergawes aangebied, naamlik as die insittende van ’n voertuig en as voetganger. Dit beteken dat die reeks in der waarheid ses modelle bied. Dit is dus nou moontlik om ’n reeks liggaamsgroottes te bestudeer wanneer ingenieurs interne beserings in ’n motorongeluk bestudeer.

Die nuutste botsingstoets-programmatuur is die produk van ’n samewerkingsooreenkoms tussen Toyota Central R&D Labs Inc., verskeie universiteite en ander eksterne navorsingsondernemings. Die poppe is ontwikkel deur gedetailleerde mates van die menslike liggaam te neem met ’n hoogs-akkurate rekenaar-tomografie-skandeerder (’n sogenaamde “CT-scanner”).

Deur hierdie akkurate modelle te skep, met gedetailleerde afbeeldings van organe, hul plasing in die menslike liggaam en die manier waarop die verskillende organe inmekaar-skakel, het Toyota daarin geslaag om modelle te skep wat sowat 14 maal meer inligting insamel as wat voorheen die geval was. Die groter detail stel navorsers in staat om ’n baie beter begrip te ontwikkel van hoe organe beskadig word in ’n motorongeluk.

Toyota se Tegniese Ontwikkelingsorganisasie sal die nuwe digitale modelle aan universiteite bemark en sal, tesame met die konsultasie-maatskappy JSOL Corporation, die nuwe klein vroulike liggaam en groter manlike liggaam van die begin van die Noordelike Halfrond se somer aan groot maatskappye begin bemark.

THUMS (Total HUman Model for Safety)

Toyota sal die inligting wat hy met die digitale botsingstoetse en nuwe digitale THUMS-modelle insamel gebruik om selfs veiliger motors te ontwikkel. Dit strook met Toyota se doelwit om noodlottige ongelukke en ernstige beserings in motorongelukke uit te skakel. Toyota sal boonop binnekort ’n bejaarde persoon en kind by die reeks digitale poppe voeg om ’n selfs meer omvattende reeks toetse moontlik te maak.

Uiteindelik! Sinvolle gebruik van motoronderdele
James Corbett van Ningi, Australië, gebruik motoronderdele vir sy kuns:

Grootskaalse sonkragkonstruksie
Toyota in die Verenigde Koninkryk in Derbyshire, waar die hibriede Auris, die Auris en Avensis vervaardig word vir die Britse en uitvoermarkte, het onlangs geskiedenis gemaak as die eerste Britse voertuigvervaardiger om grootskaalse sonkragpanele by die vervaardigingsaanleg te installeer. Dit volg op finale goedkeuring deur die plaaslike owerhede in Brittanje.

Die sonkragpaneel-stelsel is gesetel op 90 000 m2 se nywerheidsperseel binne die aanleg se gronde en bestaan uit sowat 17 000 sonpanele. Dit is so groot soos vier en ’n half sokkervelde. Die sonpanele sal krag verwerk vir gebruik deur die aanleg en sal die aanleg se koolstof-voetspoor dramaties verminder, onverbroke kragtoevoer verseker en die aanleg se elektrisiteitkoste dramaties sny.

Die nuwe sonpaneel-konstruksie beloof om sowat 2 000 ton se CO2 uitlaatgasse elke jaar te sny en sal sowat 4 600 000 kWh se krag verwerk wat voorheen deur die elektrisiteitsnetwerk voorsien is. Die panele sal uiteindelik genoeg krag genereer om 7 000 voertuie elke jaar te bou.

Die sonpanele sal meer as R120 miljoen kos en sal geïnstalleer en betaal word deur British Gas. Die installasie het reeds begin en sal vanaf Julie krag aan die aanleg begin lewer.

Die aanleg word reeds beskou as ’n omgewingsvoorloper, synde dit die Auris Hybrid vervaardig en dus reeds ’n bydrae maak tot die omgewingsdoelwitte van die VK. Dit is steeds die enigste volledige hibriede voertuig wat in Europa vervaardig word.

In 2002 was Toyota die eerste vervaardiger om sy vullis aan stortingsterreine te elimineer en in 2008 het hulle dit ’n stap verder geneem deur geen vullis vir verbranding te stuur nie.

Suid-Afrikaanse kampioene skuif oor
Die Suid-Afrikaanse ABSA-veldrenkampioenskap het vandeesweek ’n groot opskudding ervaar met die aankondiging dat die Suid-Afrikaanse kampioene, Chris Visser en Japie Badenhorst, die Toyota-geledere verlaat het en nou vir die Ford Racing-fabriekspan sal jaag wanneer vanjaar se kampioenskap die naweek van 11 en 12 Maart met die Adenco 400 in die Wes-Kaap afskop.

Visser en Badenhorst, wat verlede jaar drie renne in hul segetog na die SA Produksievoertuig- en Klas SP-kampioenskappe in die Visser Transport-Toyota Hilux gewen het, sal die Ford Racing Ranger by Neil Woolridge en Kenny Skjöldhammer oorneem.  Dié twee SA veteraan-kampioene het besluit om hulle ná langer as ’n dekade saam in die kajuit aan motorsport te onttrek.

“Ek en Kenny het ’n goeie rybeurt gehad, maar dit het tyd geword dat ek op my onderneming moet fokus en ’n toekomsplan vir Ford Racing moet bedink,” het Woolridge gesê. “Ons het in ons soeke na ’n nuwe span besluit dat Chris en Japie aan al die vereistes voldoen wat nodig is om die span verder te neem, en ons is in ons noppies dat hulle die uitnodiging aanvaar het om hulle by Ford Racing aan te sluit.

“Chris en Japie het ’n moeilike besluit gehad, maar dit is vir ons ’n groot oorwinning om die verdedigende Suid-Afrikaanse kampioene in ons span te hê.”

Woolridge het bygevoeg dat die Ford Ranger waarin hy en Skjöldhammer die Toyota Handelaars 400-veldren verlede jaar gewen het, geheel en al in die rustyd tussen die seisoene herbou is.  Die voertuig pronk nou met ’n paar nuwighede en toetse vroeg in die seisoen het reeds opwindende uitslae opgelewer.

Die beskeie Visser het gesê die aanbod om hulle by Ford Racing aan te sluit, het hom en Badenhorst onverhoeds betrap.  Hulle was reeds oorgehaal om verlede jaar se Toyota Hilux-kampioenskapsvoertuig in te span toe Ford Racing hulle nader.

“Neil se oproep het uit die bloute gekom, maar dit is ’n groot eer om genooi te word om vir ’n fabriekspan te jaag, en ek en Japie is baie trots daarop,” het Visser gesê. “Die feit dat ons die verdedigende kampioene is, beteken bykomende druk, maar ons sien baie daarna uit.

“Ek sal ook aan die linkerstuur en die wringkrageienskappe van die dieselaandrywing gewoond moet raak, maar ek is baie gelukkig om iemand soos Neil met al sy ervaring te hê om my in die regte rigting te wys,” het hy gesê.

Woolridge sal buiten die feit dat hy na Visser en Badenhorst in die voorste SP-klas sal moet omsien, ook sy tienerseun Lance en sy navigator, Ward Huxtable, bystaan nadat hulle hul Klas E-voertuig vir ’n Klas D-vuurwa verruil het.  Hulle sal in ’n Ford Ranger deelneem nadat ’n rugbesering wat die jong Woolridge uit die laaste byeenkoms van die vorige seisoen gehou het, hom verhinder het om die SA Kampioenskap in sy eerste seisoen te wen.

“Dit sal waarskynlik groter inspanning wees om die renspan te bestuur as om self agter die stuur in te skuif,” het Woolridge gesê, “maar dit is ’n baie opwindende tydjie vir die span.  Ons het die gawe om renne danksy ons topjaers en topvoertuie te wen.”

bydrae: Charmaine Fortune

Adenco gaan kook
Dit lyk of die Adenco 400, die openingsronde van vanjaar se Absa-Veldrenkampioenskap wat op 11 en 12 Maart in die Wes-Kaap aangebied word, hittig gaan wees – in meer as een opsig.

Volgens die roetehoof, Bill Bright van die Kaapse Skiereiland Motorfiets- en Motorklub, was dit die afgelope twee maande uiters warm in die Darling-omgewing waar die renhoofkantoor is. Alhoewel daar verwag word dat die temperatuur oor die volgende paar weke sal daal, word warm, droë en stowwerige toestande steeds verwag.

Behalwe vir die weersomstandighede, word warm voorspel as daar na die voorlopige inskrywingslys gekyk word. Sodra die laaste inskrywings in berekening gebring word, kan die 55-merk verbygesteek word, maar dit is die kwaliteit in beide die Produksie- en Spesiale Voertuigkategorieë wat daarop dui dat ‘n paar klaskampioenskapstryde weer eens die hele seisoen sal voortduur.

Die voorlopige inskrywingslys beklemtoon ook interessante ontwikkelings in beide die Produksie- en Spesiale Voertuigkategorieë. Spanveranderings en nuwe renvoertuie dra tot die afwagting by en die seisoen gaan verseker op ‘n hoë noot afskop.

Op die Produksievoertuigfront jaag Span Castrol-Toyota teen tyd om ‘n paar nuwe Toyota Hilux-inskrywings gereed te hê vir die aksie in die Klas SP-kategorie. Dié klas gaan weer eens uiters mededingend wees met 16 inskrywings wat reeds vir die Adenco 400 ontvang is.

Bo-aan die inskrywingslys is die huidige SA-kampioene, Chris Visser en Japie Badenhorst in die Visser Transport-Toyota Hilux. Hulle sal poog om ‘n tweede agtereenvolgende sege in die Wes-Kaap aan te teken en sal weer mik om die aanslag van privaatspanne teen die fabrieks-Toyota- en Ford Racing-spanne te lei.

Die huidige kampioene, Deon Venter en Ian Palmer, sal die vroeë gunstelinge in Klas D wees, maar sal deur die jong Lance Woolridge en Ward Huxtable, wat van Klas E opgeskuif het, getoets word. Woolridge as tiener was ‘n verrassing in sy eerste volledige nasionale renseisoen laas jaar en sy vooruitgang sal versigtig gemonitor word.

Die Ruwacon Racing-Ford Ranger-paar, Gerald le Roux en Willem Pretorius, sal ook vir nóg ‘n Klas E-oorwinning tydens die Adenco 400 mik. Hulle sal as die gunstelinge voor Diederik Hatting begin wat ‘n nuwe navigator, Kristo Bosman in die Transcor-Toyota Hilux het.

Die groot nuus in die Spesiale Voertuigkategorie is die skuif na Klas A van Johan van Staden en James Rossouw in die Atlas Copco-BAT. Dié paar het Klas P laas jaar oorheers en het geskiedenis gemaak toe hulle die eerste Klas P-span geword het om ‘n nasionale byeenkoms algeheel te wen.

Dié paar behoort ‘n groot bedreiging vir die bestaande Klas A-spanne te wees wat deur die huidige kampioene, Kallie en Quintin Sullwald in die Elegant fuel-BAT gelei sal word. David en Gary White in die Ruwacon-BAT het ook uit Klas P opgeskuif en kan vir ‘n verrassing of twee sorg.

In ander ontwikkelinge het Shameer Variawa en Siegfried Rousseau, wie se hoop op ‘n kampioenskap in 2010 tydens die laaste byeenkoms soos mis voor die son verdwyn het, hul langdienende Porter aan Daniel en Louw Zeelie verkoop. Hulle sal nou hul aanslag met die BAT Spec 4 waarmee oorlede Bevan Bertholdt deelgeneem het, voortsit en hul stryd met die Sullwalds sal voortduur.

Die veteraan, Wolf-Peter Pfumfei keer op ‘n gereelde basis na die aksie op nasionale vlak terug en wel in  die WPP in Klas B en bestendigheid kan van hom ‘n kampioenskapsmededinger maak. Opposisie kan van die pa- en dogterspan van Coetzee en Sandra Labuscagne in die Raysonics-Zarco asook van Keith Makenete, wat nou met Letlatsa Lehana in nóg ‘n Zarco kragte saamspan, verwag word.

Andrew Makenete was sy broer se navigator en het dit verruil om agter die stuur van nóg ‘n Zarco in die hoogs mededingende Klas P in te skuif. Makenete en Thabo Mochebelele sal spanne soos die voormalige kampioene, Johan en Etienne Bezuidenhout (Adenco BAT); die blitsige Colin Matthews en Alan Smith (Century Racing BAT); die algehele wenners van die RFS Magalies 400, Archie Rutherford en sy navigator wat nog aangekondig moet word (Regent Racing Jimco); Marius en Jolinda Fourie (PHB BAT) en die Swaziland-span, John Thomson en Clinton McNamara in ‘n Zarco aanvat.

Die Donaldson-voorren wat die wegspringrooster bepaal, sal Vrydag, 11 Maart om 13:00 begin met die hoofren wat Saterdag, 12 Maart om 08:30 sal afskop. Die wegspring- en eindpunte van die voorren en die hoofren asook die aangewese dienspunt sal by die Darling-klub wees.

‘n Toeskouervriendelike roete sal toeskouers van verskeie uitkykpunte voorsien wat almal binne maklike bereik van die Darling-klub sal wees. Publieke toegang tot die begin- en eindpunte; die aangewese dienspunt en toeskouerpunte is gratis.

bydrae: Charmaine Fortune

Heelwat tussenseisoen-aktiwiteite in veldrenkampioenskap
Heelwat tussenseisoen-aktiwiteite het plaasgevind terwyl spanne vir die openingsronde van vanjaar se Absa-Veldrenkampioenskap, die Adenco 400 wat op 11 en 12 Maart by Darling in die Wes-Kaap plaasvind, voorberei.

Daar was heelwat skuiwe in beide die Produksievoertuig- en Spesiale Voertuigkategorieë met ‘n paar belangrike verwikkelinge. Die skuiwe agter die skerms het bykomende kleur aan die aktiwiteite gegee wat die seisoen voorafgaan en hoë verwagtinge word vir nóg ‘n uiters mededingende reeks gekoester.

Wat die Produksievoertuie betref, sal die fabrieks-Toyota-span nuwe dubbelkajuit-Toyota Hilux-inskrywings in die veld stoot terwyl hulle hul staatmaker-navigator, Robin Houghton, verloor het. Ná amper twee dekades saam met die Toyota-span waartydens hy veelvuldige kampioenskappe saam met Apie Reyneke gewen het, verlaat die veelsydige Houghton die span om kragte met die voormalige Toyota-fabrieksjaer, Mark Cronje, in die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap saam te span.

Die ervare Chris Birkin keer na die Toyota-geledere terug en sal Houghton se plek langs Anthony Taylor, wat die vennootskap laas seisoen met ‘n sege tydens die RFS Magalies 400 afgesluit het, vul. Birkin het voorheen langs Cronje gesit.

Ander ontwikkelings onder die Produksievoertuie sluit ‘n tweede RFS BMW X3 vir Christiaan du Plooy en Henk Janse van Vuuren in terwyl die tiener, Lance Woolridge en die ervare Ward Huxtable met ‘n fabrieks-Ford Racing Ranger na Klas D sal opskuif. Du Plooy en Janse van Vuuren sal by Darling met die RFS Toyota Hilux deelneem en sal later by hul spanmaats, Hannes Grobler en Hennie ter Stege in die BMW-stal aansluit.

Tydens hul eerste volledige nasionale seisoen het Woolridge, die seun van die voormalige SA-kampioen, Neil, die Klas E-kampioenskap laas jaar nét gemis. ‘n Rugbesering het veroorsaak dat hy nie aan die finale ren van die jaar kon deelneem nie en Pikkie Labuschagne het by die agterdeur ingekom om die jaerstitel te verower met Huxtable wat die navigatorkampioenskap ingepalm het.

Verskeie intriges het ook in die Spesiale Voertuigkategorie ontwikkel. Bo-aan die lys is die Klas P-kampioene, Johan van Staden en James Rossouw wat met ‘n nuwe Spec 5-BAT na Klas A skuif.

Die Pretoria-paar het Klas P laas seisoen oorheers en het geskiedenis gemaak deur die eerste Klas P-span te word om ‘n nasionale byeenkoms algeheel te wen. Die paar sal weer onder die Atlas Copco-sambreel deelneem.

Die pa- en seun-paar, Nick en Ryan Harper, gaan ‘n skuif in ‘n ander rigting maak. Hulle verlaat die Atlas Copco-span en sluit by die voormalige Suid-Afrikaanse kampioen, Evan Hutchison in die Motorite-groep aan.

Hutchison sal ook ‘n nuwe navigator, Danie Stassen, hê met die Motorite-span wat uit die SA Nasionale Tydrenkampioenskap onttrek het om op die Absa-reeks te konsentreer. Hutchison en Stassen sal met die Motorite Revo 4×4 deelneem terwyl die Harpers in ‘n BAT sal wees.

Daar sal ten minste een nuwe span in Klas A wees. Daniel en Louw Zeelie sal in ‘n Porter wees en sal met belangstelling dopgehou word.

Die Adenco 400 sorg altyd dat die seisoen op ‘n interessante noot afskop. Dit sal vanjaar wéér die geval wees en die organiseerders het nuwe gedeeltes op die roete ingesluit.

Die Donaldson-voorren vind op 11 Maart plaas en sal 45 kilometer beslaan terwyl die hoofren op 12 Maart uit drie sirkelroetes van ongeveer 120 kilometer sal bestaan. Die renhoofkantoor; die begin- en eindpunte asook die aangewese dienspunt sal by die Darling-klub wees.

Soos gewoonlik sal die roete uiters toeskouervriendelik wees met verskeie uitkykpunte. Publieke toegang tot die wegspring- en eindpunte; die DSP en toeskouerpunte is gratis.

bydrae: Charmaine Fortune

Adenco 400 sal weer ‘n Darling-gemeenskapsprojek wees
Die Adenco 400, die openingsronde van vanjaar se Absa-Veldrenkampioenskap op 11 en 12 Maart, het weer in ‘n gemeenskapsprojek van die dorpie Darling in die Wes-Kaap geword.

Plaaslike grondeienaars, besighede en skole gooi almal hul gewig agter die byeenkoms wat vanjaar ‘n nuwe roete van ongeveer 30 kilometer insluit. Die byeenkoms word deur die Cape Peninsula Motorcycle and Car-klub georganiseer met die roetebeplanning en ander sake wat nou in die finale stadiums is.

“Die reaksie van die Darling-gemeenskap en mense in die omliggende omgewing was weer eens ongelooflik,” het die roetedirekteur, Bill Bright, gesê. “Hulle het die ren weer as ‘n gemeenskapsprojek gesien en dit het die lewe heelwat makliker vir die organiserende span gemaak.

“Ons het ook nuwe terrein van ongeveer 30 kilometer gevind wat nog nie voorheen gebruik is nie en dit sal dit vir die deelnemers nóg interessanter maak.”

Bright het bygevoeg dat die roete vanjaar nie die Mamre Trust- en Kloof-gebiede sal besoek nie, maar dat dit nou gedeeltes op die bekende Groote Post-wynlandgoed en die Oatlands Dairy sal insluit.

“Alhoewel daar steeds werk is wat afgehandel moet word om die roete te finaliseer, is ons seker dat die nuwe gedeeltes die byeenkoms selfs meer uitdagend sal maak,” het Bright bygevoeg. “Die roete beslaan ‘n wye verskeidenheid terrein en ons het elke kruin en koppie in die area gebruik.”

Die renhoofkantoor sal weer by die Darling-klub wees waar die People Parc Ferme-fasiliteit, wat die sosiale middelpunt van die byeenkoms is, in volle gang sal wees. Die ren sal vanjaar uit drie sirkelroetes van ongeveer 120 kilometer bestaan en dit sal vir verhoogde aktiwiteite in die Aangewese Dienspark (DSP) en die People Parc Ferme, waar toeskouers die jaers, navigators en tegniese spanne kan ontmoet, sorg.

Die byeenkoms sal Vrydag om 12:00 met die Donaldson-voorren begin. Die voorrenroete sal ongeveer 45 kilometer lank wees en sal die wegspringposisies vir die hoofren die volgende dag bepaal.

Die hoofren sal om 08:30 by die Darling-klub afskop en ‘n gebruikersvriendelike roete sal verskeie toeskouerpunte insluit wat almal binne maklike bereik van die begin- en eindpunt asook die DSP is. Publieke toegang tot die begin- en eindpunte en DSP asook die toeskouerpunte is gratis en toeskouergidse sal by die renhoofkwartier beskikbaar wees.

bydrae: Charmaine Fortune

ABSA-veldrenkampioenskap maak gereed vir meer groei
‘n Nnuwe seisoen wink en die Absa-Veldrenkampioenskap kyk na selfs verdere stabiliteit en groei in 2011.

Die seisoen open met die Adenco 400 wat op 11 en 12 Maart by Darling in die Wes-Kaap aangebied word en die kampioenskap sal weer uit agt byeenkomste regoor Suid-Afrika en Botswana bestaan. Die Absa-reeks is ‘n juweel in die Motorsport Suid-Afrika-kroon en die Suid-Afrikaanse Nasionale Veldrenvoertuig-Assosiasie (SANORCRA) sal weer ‘n pro-aktiewe houding in die adminstrasie van die kampioenskap speel.

“Laas jaar was ‘n moeilike jaar met die FIFA-Wêreldbeker-sokkertoernooi wat die kalender in die middel van die jaar onderbreek het,” het SANORCA se voorsitter, Richard Schilling, gesê. “Ten spyte van die onderbreking het die kampioenskap deur ‘n uiters suksesvolle fase gegaan en die sport het bemoedigende groei op nasionale en streeksvlak getoon.

“Als keer vanjaar terug na normaal toe en behalwe vir een die uitsondering, lyk die kalender bekend en ons sal weer eens pro-aktief daarin wees om te verseker dat die kampioenskap voortdurend groei.”

Schilling het bygevoeg dat daar ‘n soliede basis is om van te werk en SANORCA sal voortgaan om nou saam met Absa as die die hoofborg en Donaldson Filtration Systems, Ford en Toyota as vennote te werk. Die assosiasie sal ook voortgaan om oop kommunikasiekanale met byeenkoms- en spanborge asook met deelnemers te handhaaf.

Wat die kalender betref het Schilling gesê dat die enigste groot verandering in terme van die Atlas Copco Battlefields 400 op 20 en 21 Mei is. Nadat dié byeenkoms vir jare by die Eston Farmer’s Club naby Pietermaritzburg gebaseer was, sal dit vanjaar na Dundee in die KZN-middellande verskuif.

Schilling het bygevoeg dat geselekteerde renne in die Noordelike en KwaZulu-Natal-streekskampioenskappe ook weer in samewerking met nasionale kampioenskaprenne aangebied sal word. Dit blyk dat dié proefneming in 2010 suksesvol was en dit was een van die redes vir voortdurende groei op grond- en nasionale vlak.

“Dit was bemoedigend om ‘n hoeveelheid streeksdeelnemers te sien wat op ‘n gereelde basis aan nasionale byeenkomste deelgeneem het,” het Schilling gesê. “Ons sal voortgaan om na die sport op grondvlak te kyk, maar die algemene voorspelling vir veldrenne is goed en ons is reg vir nóg ‘n fantastiese kampioenskapseisoen.”

Die Absa-reeks sal ook met die strategie voortgaan om ‘n voltydse hoofrenbeampte, permanente hoofroetebeamptes, hoofbeamptes en -mediese offisier asook MSA Steward te hê. Adri Roets sal weer as die hoofrenbeampte diens doen; Joe Fourie en Rex Boreham sal voortgaan om die roetebeampte se pligte te deel met Francois Jordaan wat as permanente MSA Steward sal dien. Theuns Beer sal die voltydse hoofbeampte wees met Rolf Schana van MMC wat na die mediese behoeftes sal omsien.

“Dié stelsel verskaf eenvormigheid en stabiliteit in terme van die organisering van byeenkomste,” het Schilling gesê. “Almal is uiters ervare en beskik oor ‘n goeie verhouding met ander renbeamptes en deelnemers.”

bydrae: Charmaine Fortune