// jy lees ...

Flieks

2012

By die tyd weet almal dit mos, die einde van die wêreld gaan in 2012 aanbreek.

… of so sê Hollywood en ‘n groepie godsdienstige fundamentaliste.

En in Hollywood weet almal, as iets vernietig gaan word, gaan Roland Emmerich ‘n paar sent maak.

Soos met alle einde-van-die-wêreld teorieë is dit nie juis duidelik wat die oorsake is van al die katastrofes in 2012 nie. ‘n Skrywer (John Cusack) vind wel uit dat die Amerikaanse regering dit al vir jare weet en dat daar beplan is om net die baie ryk en mense met baie mag te red.

Die skrywer probeer sy gewese vrou (Amanda Peet) oorreed om uit Kalifornië te vlug, terwyl die Amerikaanse president (Danny Glover) wonder of hy die mensdom moet inlig.

Intussen begin regisseur Roland Emmerich met die vernietiging. Ek vermoed dat hy as kind almal se sandkastele by die see omgeskop het. Dit is omtrent ‘n aanskoulike storie as hy die wêreld platvee.

2012Die res van die film is ongelukkig ‘n sinnelose verskoning vir Emmerich se skouspel. Mens voel eintlik sleg om aan te beveel dat julle dit in ‘n teater gaan kyk, net sodat Emmerich se vuurwerke tot hul reg kom.

Regisseur: Roland Emmerich
Met: John Cusack, Amanda Peet, Thandie Newton, Woody Harrelson, Danny Glover & Oliver Platt

2 / 5

bydrae: JM

4 Desember 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. The Day After Tomorrow
  2. Nissan se groen blaar

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] Katolieke kerk van Brasilië wil die vervaardigers van 2012 dagvaar oor die gebruik van die Christus-standbeeld in Rio de [...]

    Geskryf deur Kerk wil fliek dagvaar « Roekeloos | 3 Maart 2010, 11:38

Switch to our mobile site