Met: Sean Penn, Naomi Watts & Benicio Del Toro
Regisseur: Alejandro Gonzalez Inarritu
Die titel verwys na die sogenaamde gewigsverlies van die mens die oomblik as hy/sy sterf.
21 Grams vertel die verhaal van drie persone wie se lewens geraak word deur die dood van ´n man in ´n motorongeluk.
Sean Penn lewer ´n uitstaande vertolking as die professor wat die slagoffer se hart ontvang. Soos Penn, kon Naomi Watts en Benicio Del Toro netsowel ook ´n Oscar gekry het.
Beslis die beste film wat ek in die eerste kwartaal van 2004 gesien het.
7/10
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
No related posts.



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.