// jy lees ...

Flieks

A Single Man

A Single Man
Roekeloos

Te veel hartseer en verdriet sit my maklik af van ‘n film. Daar is meer as genoeg verdriet in ons daaglikse lewe, mens wil nie sommer betaal om nog te sien nie.

Nuuskierigheid het egter die oorhand gekry die keer. Dit is modeontwerper Tom Ford se eerste film en ek het vermoed dit sal iets vir die oog wees.

A Single Man stel voor dat ons anders rou oor dit wat verkeerd loop in ons lewens. Dit vertel die verhaal van George (Colin Firth), wat rou oor die dood van sy geliefde Jim. George staan op die punt om selfmoord te pleeg. Hy gaan voort soos altyd, maar niemand behalwe die kykers weet van sy plan nie. Dit bind jou vas aan die film. Geboei loop ons saam met George, in afwagting op die daad …

Ford beland nou en dan op ‘n dwaalspoor wanneer die doek eerder soos ‘n modeparade begin lyk. Dit doen afbreek aan die drama, maar nie genoeg om steeds ‘n goeie fliek te maak nie.

Colin Firth se vertolking van George is uitstekend. Die manier waarop hy uiting gee aan die karakter se emosies met die minste fisiese bewegings denkbaar is indrukwekkend.

Jy stap nie uit die teater met hartseer en verdriet nie. Die film beklemtoon ons vermoë om vrede te maak met al die hartseer en pyn.

A Single Man

A Single Man

Regisseur: Tom Ford
Met: Colin Firth, Julianne Moore & Ginnifer Goodwin.

3.5 / 5

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Die 82ste Oscar-benoemings
  2. A Christmas Carol
  3. Fahrenheit 9/11
  4. Nanny McPhee
  5. The Fantastic Mr. Fox

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site