|
Stuur jou resensie vir ons by
Die Beste Kinderflieks
Om almal te kry om saam te stem oor 'n lys van goeie flieks is 'n onbegonne taak. Wat 'n lys van kinderflieks soveel moeiliker maak is dat ons nie altyd kan seker wees van hoe 'n vierjarige 'n film ervaar nie. Baie grootmense se gunstelinge maak nie die lys nie, omdat flieks wat ons aanvaarbaar vind vir tieners eenvoudig vreesaanjaend mag wees vir 'n graad tweetjie. Die volgende lys is saamgestel met kinders van alle ouderdom in gedagte, solank hulle vir die duur vir die film kan stilsit natuurlik.
1. Toy Story (1995)
Die mees bekroonde animasiefliek van alle tye. 'n Storie oor speelgoed wat praat, watter kind gaan nie daarvan hou nie.
Koop / Buy Toy Story
2. Finding Nemo (2003)
Klein Nemo die vissie besluit om die see te gaan verken tot groot verdriet van sy pa Marlin. Nemo word deur ´n duiker gevang en dis sy pa en Dory (wat aan geheueverlies ly) wat saamspan om hom op te spoor.
Koop / Buy Finding Nemo / Roekeloos.co.za-skakel
3. Babe (1995)
'n Klein varkie wat dink hy is 'n hond. Varke het baie meer respek gekry na die fliek.
4. The Lion King (1994)
'n Leeuwelpie word gekul om te dink dat hy sy pa se dood veroorsaak het. 'n Film wat vandag nog so gewild is soos in 1994.
5. Toy Story 2 (1999)
In nommer twee word Woody gesteel en Buzz Lightyear en die res van die speelgoed moet hulle maat gaan red.
Koop / Buy Toy Story 2
6. Shrek (2001)
Eendag lank lank gelede, 1990 om nou eerlik te wees, het ene William Steig ´n verhaal geskryf oor Shrek, ´n groen lieftallige mensvreter wat besonder skepties was oor feëverhale.
Roekeloos.co.za-skakel
7. The Wizard of Oz (1939)
Die wind waai Dorothy na 'n towerwęreld waar sy die towenaar moet opspoor en die nare heks moet pypkan om weer by die huis te kan kom.
Koop / Buy The Wizard of Oz
8. The Incredibles (2004)
Metroville het nie meer superheroes nie en dit is Mr. Incredible wat alleen staan teen die węreld se booswigte, dit is nou as sy vrou hom toelaat.
Koop / Buy The Incredibles / Roekeloos.co.za-skakel
9. Monsters, Inc. (2001)
Die keer het hulle daai monsters wat kinders in die nag skrikmaak uit die kas uit gaan haal ... met sukses. Die monsters is egter die goeie ouens wat kinders help na nog ´n volgende trappie van volwassenheid.
Koop / Buy Monsters Inc / Roekeloos.co.za-skakel
10. Shrek 2 (2004)
Weer die groen monster. Die keer word die storie mooi gebalanseer met avontuur, vriendskap en romanse.
Koop / Buy Shrek 2 / Roekeloos.co.za-skakel
11. E.T. Extra Terrestrial (1982)
'n Vreemde, vredeliewende botanis uit die buitenste ruim word deur 'n groep kinders gehelp om huis toe te keer.
12. Home Alone (1990)
'n Agjarige wat vir geen inbreker skrik nie.
13. The Sound of Music (1965)
Een van die gewildste Amerikaanse films van alle tye.
Koop / Buy The Sound of Music
14. Mary Poppins (1964)
'n Kinderoppasser met spesiale talente.
Koop / Buy Mary Poppins
15. Happy Feet (2006)
Voet-loose vir pikkewyne.
Koop / Buy Happy Feet / Roekeloos.co.za-skakel
16. The Little Mermaid (1989)
'n Meermin verkoop haar stem aan 'n heks om naby die liefde van haar lewe te wees.
Koop / Buy The Little Mermaid
17. Harry Potter and the Philosopher's Stone (2001)
Master Potter se flieks kon almal kwalifiseer, as hulle net nie so bangmaak was nie.
Koop / Buy Harry Potter and the Philosopher's Stone / Roekeloos.co.za-skakel
18. The Chronicles of Narnia: The Lion, The Witch and The Wardrobe (2005)
'n Pragtige fantasie vir die hele gesin.
Koop / Buy The Chronicles of Narnia: The Lion, The Witch and The Wardrobe / Roekeloos.co.za-skakel
19. A Bug's Life (1998)
'n Avontuur in die węreld van insekte. Lekker lag met oulike karakters.
Koop / Buy A Bug's Life
20. Madagascar (2005)
Madagascar vertel die verhaal van 'n groep diere wat uit die San Diego-dieretuin ontsnap, weer gevang word en op 'n skip na Kenia beland. Hulle kaap die skip, maar onderweg na Antarktika beland 'n paar van die bevare diere op die eiland Madagaskar.
Roekeloos.co.za-skakel
21. Ratatouille (2007)
Remy die rot met sy hoogs ontwikkelde neus en palet span saam met 'n kombuishulp genaamd Linguini om te toor agter die potte.
Koop / Buy Ratatouille / Roekeloos.co.za-skakel
22. Charlie and the Chocolate Factory (2005)
In 1964 het Roald Dahl die oorspronklike boekie vir kinders geskryf met dieselfde titel. Dit is mal en kinders is mal daaroor.
Koop / Buy Charlie and the Chocolate Factory / Roekeloos.co.za-skakel
23. Shark Tale (2004)
Die fliek handel oor ´n klein vissie met ´n groot bek ... te groot.
Koop / Buy Shark Tale / Roekeloos.co.za-skakel
24. Aladdin (1992)
'n Laaitie van die straat raak verlief op 'n prinses, maar sy mag slegs met 'n prins trou.
25. 101 Dalmatians (1961)
Cruella De Vil ontvoer 'n swetterjoel klein hondjies en hulle ma en pa moet hulle gou opspoor voor hulle pelsies deel van 'n jas word.
26. The Jungle Book (1967)
Mowgli, die seuntjie wat tussen diere grootgeword het, keer terug na die węreld van mense.
Koop / Buy The Jungle Book
27. Stuart Little (1999)
Stuart Little, die klein muisie met die hart van goud.
Koop / Buy Stuart Little
28. Beauty and the Beast (1991)
Belle bied haarself aan vir die monster wat haar pa gevange hou.
29. Charlotte's Web (2006)
Wilbur word groot op die plaas en soos meeste varke is hy bedoel vir die pot, maar Fern en die spinnekop Charlotte probeer hul bes om die vark in een stuk te hou.
Koop / Buy Charlotte's Web / Roekeloos.co.za-skakel
30. Snow White and the Seven Dwarfs (1938)
Sneeuwitjie, die heks, die dwergies, die prins en 'n hele klomp lekker liedjies.
|