Roekeloos
Poësie, passie en die lewe van John Keats is die onderwerp van Jane Campion se Bright Star.
Campion prut die liefde en poësie saam in haar film tot amperse perfeksie. Sy is nie altyd suksesvol in haar pogings nie, maar as sy die dag goeie beheer oor haar akteurs het is daar min regisseurs wat die liefde so vir ons kan oopvlek tot op die been.
Bright Star speel af in 1818 en fokus op die digter John Keats se verhouding met sy vriend Charles Armitage Brown en Fanny Brawne. Keats verlaat Fanny, omdat hy nie genoeg geld het om met haar te trou nie. Arme Fanny se hart word in stukke gebreek.
Van die rits onbekende akteurs in die rolprent is dit Abbie Cornish (Fanny) wat beïndruk met haar vermoë om met ‘n strak gesig ‘n ryk tapisserie van emosies te weef.
Die film voel effe lank en by tye voel dit asof Campion te lank draai om die romantiese dialoog, wat dan soos ‘n geteem begin klink.
Hierdie is die beste film wat jy kan gaan kyk in die maand van die Valentyne.
Regisseur: Jane Campion3.5
Geen verwante artikels





Bespreking
Geen kommentaar vir “Bright Star”