Webwerf bepalings en voorwaardes
roekeloosroekeloos.co.za
Webroekeloos.co.za Google

AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke

DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek

TEKEN IN
op Roekeloos se
gratis weeklikse
nuusbrief!

Roekeloos
vir jou
Google Toolbar

Flieks

Stuur jou resensie vir ons by

Cape Winelands Film Festival

Die eerste Kaapse Wynlandfilmfees vind vanaf 18 tot 26 April op Stellenbosch plaas. Volgens die feesdirekteure, Leon van der Merwe en Karen Meiring, gaan daar ongeveer 92 films by die fees vertoon word met die Oude Libertas-amfiteater as feeskern, saam met sewe ander venues. Die filmfees vind plaas in samewerking met M-Net en die Franse ambassade.

"Behalwe dat ons 'n venster op wêreldfilm (world cinema) wil gee, probeer ons ook om die Suid-Afrikaanse filmkykersgetalle te stimuleer en te bevorder," sê Leon van der Merwe is een van die doelstellings van die fees.

Bekendes by die fees sluit in die Taiwanese filmregisseur Huang Yu-shan, die Brasiliaanse filmregisseur Sandra Kogut, wie se film Mutum ook by die fees vertoon word. En 'n groot "scoop" is die teenwoordigheid van die Suid-Afrikaans gebore regisseur Heinrich Dahms wat bekendheid verwerf het vir sy film, Dune Surfer (1988). Sy nuutste film, Overleven, sal op die fees vertoon word.

Die filmprogram sluit flieks in die volgende kategorieë in:
World Cinema: As it is in heaven (Sweeds), Room to Rent (Egipte), Syndromes and a Century (Thailand), Mutum uit Brasilië.
Eco Cinema: 'n Dokumentêr oor die Kaapse brand genaamd Mountain of Ashes, en 'n Afrikaanse film Medisynesak.
Music in Film: La Vie en Rose, La France
Food on Film: The Feast
Cinema of Conscience: Oscarbekroonde dokumentêr, Taxi to the Darkside en ook 'n Oscar genomineerde documentêr Vote for Me.
Suid-Afrikaanse premieres: At Thy Call deur Christopher Lee dos Santos, 'n Roos vir Mari deur Louis du Toit.
Rolprente van 'n spesifieke land. Vanjaar val die fokus op Frankryk: The King and the Mockingbird is 'n animasiefilm wat op kinders gerig is, Jacquot de Nantes, Games of Love and Chance, Humanity en die briljante film A time to Leave.

Rolprentmakers sal ook meeding om die Cape Winelands World Cinema Toekenning, die Cape Winelands Dokumentêre Toekenning en Cape Winelands Kortfilm Toekenning, en daar sal ook 'n Gehoortoekenning toegeken word.

Die filmfees gaan ook hulde bring aan die rolprent- en teaterregisseur Ingmar Bergman wat onlangs op 89-jarige ouderdom oorlede is. Die volgende Bergman-flieks gaan onder meer vertoon word: Saraband, Fanny and Alexander, Smiles of a Summer Night, Wild Strawberries en Persona.

Die ander venues waar die films vertoon gaan word is die Neelsie se twee rolprentteaters, Protea Hotel Dorpshuis, JC le Roux Ouditorium, HB Thom-teater, Ikaya Trust Sentrum, Kayamandi en die Oude Libertas se ouditorium.

Besprekings kan vanaf 3 April landwyd by Computicket gemaak word.

Filmfees Dag Program

Filmfees Program

Flieks
A
B
C
D
E
F
G
H
I
J
K
L
M
N
O
P
Q
R
S
T
U
V
W
X
Y
Z



  Artikels direk



Subscribe to RSS headline updates from:
Powered by FeedBurner