Roekeloos
Chloe praat gemaklik oor haar werk as prostituut. Nie sommer enige prostituut nie, een wat jou baie geld uit die sak jaag. Sy vertel van haar truuks, nie die seksuele soort nie, maar hoe sy haar klant sielkundig beheer.
In Chloe skets regisseur Atom Egoyan die agtergrond, maar die kyker plaas die karakters in konteks. Dalk weet jy van die begin af hoe die film eindig, of dalk is dit ’n skok as die realiteit haar kop uitsteek. Die film is nie uitsonderlik nie, maar die manier waarop Egoyan toor met identiteit sorg vir lekker aand uit. Boonop laai hy die film met seksuele intrige, wat sorg dat die storie jou aandag hou, al begin dit jou op ’n ander vlak verveel.
Ten minste leer ons met die film dat Amanda Seyfried, wat Chloe, vertolk, tot meer in staat is as dit wat haar prikkelpop voorkoms suggereer. Julianne Moore is egter die uitblinker as die dokter wat die prostituut huur om haar man (Liam Neeson) se getrouheid te toets. Sy leer egter meer as waarvoor sy gevra het. Neeson bly op die agtergrond en is nooit meer as ’n pion in die storie nie.
Chloe kon ’n sjarmante film wees, net jammer dit is baie voorspelbaar. Dit is egter nommerpas vermaak diegene in ’n lang verhouding.
Regisseur: Atom Egoyan
Met: Amanda Seyfried, Julianne Moore, Liam Neeson & Nina Dobrev
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)3 / 5
Related posts:
















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.