// jy lees ...

Flieks

Cloverfield

Dit sou maklik wees om Cloverfield te beskryf as ‘n kruis tussen The Blair Witch Project en Godzilla. Dan val dit nog boonop in die ou sci fi- / monster-genre, maar die uiteindelike produk is iets heeltemal anders.

Iemand is besig om ‘n video te maak op ‘n afskeidspartytjie wanneer ‘n reuse monster New York aanval. Die hele film is uit die perspektief van hierdie kamera. So maak jou maar reg vir ‘n beeld wat skud en mense soos ek wat wil laat opgooi in die persoon langsaan se springmielies. Dit is ook al waarvan hierdie seesieke nie gehou het nie. Sit ver van die skerm af.

Cloverfield staan uit bo ander films in die genres weens die perspektief wat dit bied op die ouens op die grond. Diegene wat tot sop vertrap word deur die monsters. Hoe hul lewens ontwrig word en die vreesbewange magteloosheid waarin so ‘n situasie jou dompel. Die fokus is glad nie op die monster nie, maar op ‘n klein groepie vriende en hoe hulle die situasie hanteer.

Die rolverdeling bestaan uit ‘n klomp onbekende gesigte wat goed oortuig as die hulpelose groepie.

Hierdie gaan beslis een van die jaar se beste films wees. Onthou tog net die karsiekmedikasie!

Regisseur: Matt Reeves

bydrae: JM

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Related posts:

  1. Monster

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.