Die opvolg van 2000 se Meet the Parents, Meet the Fockers, is amper met ons.
Greg Focker (Ben Stiller) is “in” met sy skoonouers, Jack (Robert De Niro) and Dina (Blythe Danner) Byrnes, en dit lyk soos ´n maklike paadjie vorentoe vir hom en sy verloofde Pam (Teri Polo). Dit is nou voor Pam se ouers Greg se ouers, die Fockers (Dustin Hoffman and Barbra Streisand) ontmoet het. Die hiper rustige Fockers en die stywe Byrneses pas glad nie bymekaar nie, maak nie saak wat Greg en Pam probeer nie.
Jay Roach is die regisseur. Hopelik sien Suid-Afrikaners dit ook in Desember vanjaar soos die Amerikaners.



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.