Met: Charlize Theron & Christina Ricci
Regisseur: Patty Jenkins
Ek het altyd gedink Charlize Theron se kanse om ´n goeie vertoning te lewer is net so goed soos die van Saddam Hussein. Mens, het ek nou op my neus gekyk.
Monster is die antropomorfisme van ´n monster. Dit is die ware verhaal van die reeksmoordenaar Aileen Wuornos wat op ´n aangrypende wyse vertel word.
In meeste mense se oë was Charlize Theron net nog ´n model wat aktrise geword het, of dan, gemaak het asof sy rolle kon vertolk. Met Monster het sy almal met nuwe oë na haar laat kyk. Sy het gewys dat sy nie daai mooi gesiggie nodig het om haar te laat geld nie. Sy oorspeel die karakter by tye, maar oor die algemeen is dit ´n boeiende vertolking.
Hierdie rolprent gee ons insae in die wêreld van die reeksmoordenaar sonder om emosioneel betrokke te raak by die onderwerp.
Let Wel: Daar is aanstootlike tonele wat weersin sal wek by sommige mense.
7/10
No related posts.















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.