Kieslys

Close


*/

22 Junie
2016
Flieks & TV
2678 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Noem My Skollie

Suid-Afrikaanse gehore kan uitsien na die vrystelling van Daryne Joshua se regisseursdebuut, Noem My Skollie, wat landswyd op Vrydag 2 September 2016 uitgereik word.

Die film wat afspeel op die Kaapse Vlakte en in Pollsmoor-gevangenis is gebaseer op die lewe van draaiboekskrywer John W. Fredericks.

Noem My Skollie vertel die verhaal van vier tieners, AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk) wat in die armoedige bendewêreld van die Kaapse Vlakte grootword.

Noem My Skollie

Noem My Skollie

Afgesien van hulle omstandighede probeer die kinders die bendes vermy wat hulle daaglikse lewens infiltreer, maar wanneer AB deur ’n traumatiese ondervinding gaan, besluit hulle om ’n bende te stig om hulself te beskerm.

Die vier vriende, wat nou soos broers is, pleeg nie ernstige misdade nie, maar ten spyte daarvan hou die polisie hulle dop deur hul tienerjare en totdat hulle ’n groep gewilde jong mans word. Uiteindelik word die ouer AB (Dann-Jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) gearresteer tydens ’n inbraak en word hulle tot twee jaar tronkstraf gevonnis.

Noem My Skollie

Noem My Skollie

Dit is hier, in die gewelddadige omgewing van die tronk, dat AB besluit om sy talent vir storievertel te gebruik om die geharde misdadigers te vermaak en sy status te verhoog, terwyl sy vriend, Gimba, ’n ander pad inslaan om sy veiligheid te waarborg.

Wanneer AB uit die tronk vrygelaat word, gaan hy voort met die verhouding met sy vriendin, Jenny (Tarryn Wyngaard) en probeer gevolglik fokus op skryf om haar te beïndruk, maar sy bendevriende oortuig hom om ’n laaste keer weer by hulle aan te sluit, ’n besluit wat skokkende gevolge vir hulle almal het.

Noem My Skollie

Noem My Skollie

Noem My Skollie is ’n grootskerm-rolprentervaring wat kykers sal meevoer na ’n wêreld op die Vlaktes wat nog nooit op so ’n outentieke manier uitgebeeld is nie.

Die rolprent is pragtig verfilm met fyn aandag tot detail, die gemoed van die 1960’s en bied oortuigende vertolkings deur ’n n groep vereerde Suid-Afrikaanse akteurs en verfrissende nuwe talent.

Die film is deurlopend onderhoudend en vermaaklik en lewer ’n geweldige sterk emosionele impak.

Noem My Skollie dra die temas van vriendskap, verraad, vergifnis, aanvaarding, die behoefte aan ’n beter lewe, hoop en liefde oor. Die titel van die film sinspeel op die ou gesegde dat ’n mens niemand op hulle voorkoms moet oordeel nie en bevorder die opvatting dat elkeen ’n talent het, selfs al is dit somtyds moeilik om te vind en is daar moontlik ‘n prys daaraan gekoppel.

John W. Fredericks het sy skoolloopbaan in sy tienerjare vaarwel geroep en het baie jare van sy jeug in die tronk deurgebring. Maar, hy het in sy sestigs daarin geslaag om ’n uitstekende draaiboek van wêreldgehalte te skryf.

Noem My Skollie sal aanklank vind by alle Suid-Afrikaanse gehore maar veral by diegene wat die gewelddadige werklikheid van die wêreld van die storie kan konfronteer en bereid is om die oorwinning van die menslike gees te vier.

Die film is in Afrikaans met Engelse onderskrifte.

Die kragtige klankbaan is deur die internasionaal erkende Kaapse musikant Kyle Shepherd gekomponeer – Shepherd het die Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar Toekenning in 2014 gewen.

Die rolverdeling bestaan ook uit, onder meer, Christian Bennett, Gershwin Mias, Oscar Peterson, Abdu Adams, Peter Butler, Charlton George, Jill Levenberg, Denise Newman, Sandi Schultz, Andre Roothman, Paul du Toit en Irshaad Ally asook n fantastiese vertoning deur die nuweling David Manuel wat die rol van die tronkbaas vertolk. Manuel was nog op parool toe die film gemaak is.

Noem My Skollie is vervaardig deur David Max Brown en Moshidi Motshegwa (Maxi-D Productions) in samewerking met M-Net, kykNET, die NFVF en die DTI en word deur Ster-Kinekor Entertainment versprei.

Sosiale media skakels:
Facebook: https://www.facebook.com/NoemMySkollieFilm/?fref=ts
Twitter: @noemmyskollie




2 Opinies:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Flieks & TV
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Flieks & TV
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Flieks & TV
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Flieks & TV
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Flieks & TV
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Afrique mon désir by die Fugard | Roekeloos
2018-09-16 08:49:06
[…] Afrique mon désir, kombineer Hofmeyr, bekend as ‘n meester van toonsettings, ...
Gedigte van Megan Samuels | Roekeloos
2018-09-15 08:58:58
[…] Digters […]...
Weer tyd vir Nommer 37 | Roekeloos
2018-09-09 08:32:35
[…] Nommer 37 is nou beskikbaar op DVD, Box Office en spog met splinternuwe musiekvideo deur L...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.