Los jou romantiese illusies oor bankrowers by die huis. Michael Mann se voorstelling van die rower laat nie eens Johnny Depp se grooste vroulike aanhangers ‘n traan stort vir John Dillinger nie.
In Public Enemies spandeer ons die berugte Amerikaanse bankrower John Dillinger (Johnny Depp) se laaste 13 maande saam met hom en probeer ons saam met die FBI om hom vas te trek.
John Dillinger was vir sommige Amerikaners ‘n soort volksheld tydens die depressie in die 30′s, hy tyd toe banke mense se huise en plase afgevat het. Met sy Fedora op het hy oor toonbanke gespring om banke se geld te vat. Die polisie het gesukkel om hom te vang en wanneer hulle daarin geslaag het kon die tronke hom nie lank hou nie.
Christian Bale vertolk die rol van Melvin Purvis, ‘n toegewyde en eerbare polisieman wat toenemend geweldadig moet raak om die bendes rowers te bekamp. Dis goed om Bale ‘n slag sonder ‘n kostuum te sien, maar hy was al beter.
Die fliek word gedra deur Johnny Depp. Ek het nie veel meer as ‘n soetsappige vertolking van ‘n “volksheld” verwag nie, maar Depp speel knap net met die feite. Dillinger word vertolk as ‘n suksesvolle rower, en niks meer as dit nie. Die fliek is ‘n kat en muis drama en Depp is ‘n uiters glibberige muis.
Michael Mann se voorstelling, tegnies baie goed, bestee nie veel tyd aan refleksie of morele ontledings nie. Volgens sommige Amerikaners maak Mann se weergawe van die verhaal baie sin in die lig dat daar soveel sentiment aan John Dillinger se geskiedenis geheg word.
Public Enemies is vermaak vir die massas, en as suiwer vermaak is dit verrassend goed.
Met: Johnny Depp, James Russo, Stephen Dorff, Christian Bale
Regisseur: Michael Mann
bydrae: JM
3 / 5
2 September 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.