Shrek

Eendag lank lank gelede, 1990 om nou eerlik te wees, het ene William Steig ´n verhaal geskryf oor Shrek, ´n groen lieftallige mensvreter wat besonder skepties was oor feëverhale. Nou, in die jaar 2001, kan ons Shrek in al sy glorie op die groot skerm sien.

In Shrek word daar bedoel om te spot met feëverhale en alle derglike dinge. Die fliek verval egter nie in een of ander simpel brousel wat probeer voorgee dis komedie nie. In Shrek word fyn humor deeglik gebalanseer deur ´n verhaal gevul met avontuur, vriendskap en romanse.

Wie sou nou ooit kon dink dat Mike Myers ´n kragtoer sou lewer as ´n groen mensvreter? OK, dalk is dit ´n dom vraag. John Lithgow wys ook weer hoekom hy een die beste akteurs in Hollywood is. Cameron Diaz is die prinses wat gered moet word en Eddie Murphy is Shrek se vriend Donkey, die donkie.

Afgesien van die humor, is Shrek se sukses toe te skryf aan die mooi afgebakende karakters met wie jy maklik gaan assosieer. Tegnies is die film ook uitsonderlik.

Regisseurs: Andrew Adamson & Vicky Jenson

7/10

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply