Die opwindende avontuurverhaal, Stroomop, open vandag landwyd.

Hierdie film gaan oor meer as net lewe en dood. Dit vertel die storie van vyf dames – Lana, Vivian, Adrie, Nixie en Diona – wat elkeen besig is om te ‘verdrink’ en in die rowwe waters van die lewe rondgemaal word. ’n Sameloop van omstandighede neem hulle saam op ’n avontuur op die Oranjerivier. Hier gebeur die ondenkbare en hulle boot word omgegooi, die riviergids raak verlore en die vroue bevind hulleself in ’n stryd om oorlewing in die wildernis.

Die reis verander hulle lewens ingrypend, soos wat hulle saam deur seer en vrees worstel. Temas waarop die film fokus, is selfontdekking, vergifnis, aanvaarding en genesing.

“Soms gaan jy moet stroomop swem om te ontdek dat jy meer as genoeg is en oor alles beskik om enigiets te oorkom wat die rivier van die lewe na jou kant toe mag spoel,” sê Ivan en Donnalee oor die boodskap agter hierdie inspirerende film.

Die fliek, wat op die Oranjerivier en naby Onseepkans in die Noordkaap, asook rondom Johannesburg verfilm is, word gekomplementeer deur ’n sterk rolverdeling:

Donnalee Roberts speel die rol van die chirurg met ’n hartseer verlede, Lana. “Lana is een van die uitdagendste rolle wat ek nog gespeel het. Sy neem die lewe en haar werk baie ernstig op en haar moue is opgerol, of dit nou is om ’n lewe te red of ’n bakleiery te begin. Daar is ’n rede hoekom sy so ’n rebel is, maar sy het ’n goeie hart,” verklap Roberts oor haar karakter.

Vivian, die tweede Stroomopvrou, het haar lewensvreugde as kind reeds verloor en vind haar lewe hiper-vervelig en dit vererger daagliks haar neiging tot depressie. ’n Baie diep seer na ’n groot liefdesteleurstelling veroorsaak dat sy haarself in iemand anders probeer verander in ’n poging om aanvaarding te vind, maar in die proses verloor sy haarself heeltemal. Dié rol word vertolk deur Simoné Nortmann en sy beskryf haar karakter as volg: “Vivian is ’n data-analiseerder en dit is duidelik dat sy onseker is oor haarself. Sy hou van roetine en is omvergegooi deur hierdie avontuur, wat haar dwing om haar grootste vrese in die oë te kyk”.

Oor haar karakter, Adrie, sê Chanelle de Jager: “Adrie is die mamma van drie besige kinders, vir wie sy baie lief is, maar sy voel asof sy ’n bietjie verdrink en tyd nodig het om haar battery te herlaai.” Soos die meeste vroue daarbuite, skeep sy haarself heeltemal af in ’n poging om al haar boksies daagliks gemerk te kry, en iewers het sy haar innerlike krag en vreugde verruil vir besigwees. Adrie is in ’n voortdurende worsteling met haar gewig en sien nie haar eie mooi raak nie en, as gevolg daarvan, mis sy hoe mooi haar man haar vind.

Diona is in haar hart eerste ’n ma – sterk, uitdagend en bowenal beskermend. Hierdie eienskappe het haar gedryf tot ’n suksesvolle prokureur wat die leer van die besigheidswêreld hoog opgeklim het, ongelukkig was dit onwetend meestal ten koste van haar gesin. Na die dood van haar man moet sy probeer om die verhoudingsbrug tussen haar en haar dogter te herstel. “Diona is ’n ma, wat haar familie eintlik so ’n bietjie afskeep omdat haar werk vir haar baie belangrik is,” sê Ilse Klink.

Nixie (Clara Classen) bevind haarself terug in Suid-Afrika in die middel van haar studtydperk in London, maar die keer met ’n geheim wat sy nie met haar ma kan deel nie. Na haar pa se dood trek sy elke dag ’n bietjie meer terug in haar dop in, ongemaklik met die verhouding wat nou skielik met haar vroeër afwesige ma gevorm moet word en nie die vraag: “wat het in London gebeur” kan laat gaan nie.

Armand Aucamp speel die rol van die riviergids, Guy. “Guy is ’n man van die aarde, sonder ’n ego en baie in voeling met sy emosies. Hy is baie toeganklik en verbreek nogal daardie vooropgestelde stereotipes wat bestaan oor hoe ’n man lyk en hoe hy regtig is,” beskryf hy sy karakter.

Stroomop se draaiboek is geskryf deur Ivan Botha, Donnalee Roberts en Sean Robert Daniels van The Writers Block. Die produksie is vervaardig deur 17FILMS en The Film Factory SA, in samewerking met kykNET en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en word plaaslik deur Filmfinity versprei. Die rolprent begin op 9 Augustus 2018, landswyd, draai.

Lys van teaters:

STER-KINEKOR:
Northcape
Bay West
Tygervalley
Cape Gate
N1 City
Bayside
Blueroute
Somerset Mall
Parow
Garden Route Mall
The Grove Windhoek
Mimosa Mall
Shelley Beach
Gateway
Cedar Square
Mall of the North
Secunda
Cradlestone
Mooi rivier
Matlosana Mall
Wonder park
Centurion City
Brooklyn Mall
Kolonnade
The Grove
Rustenburg
Irene Mall
Cresta
Vaal Mall
Carnival City
Mall at Carnival
Eastgate
East Rand Mall
Northmead
Ilanga

Nu-Metro:
Ballito
Canal Walk
Clearwater
Galleria
Key west
Menlyn Park
V@A Waterfront
Westgate
Welkom
Woodlands
Worcester

Onafhanklike teaters:
Atlanta – Swakopmund
Epic Mall@Reds
Epic Northridge
Epic Sun City
Maxi Cineplex
Movies@Emnotweni
Victorian Savannah

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply