Met: Arnold Schwarzenegger & Claire Danes
Regisseur: Jonathan Mostow
Indrukwekkende spesiale effekte, iets om oor te dink en goeie ouens wat slegte ouens pakgee. Wat wil mens nou meer hê van ´n aand se vermaak?
In Terminator 3: Rise of the Machines is John Connor ´n jong man. Sy moeder is reeds oorlede. Hy maak uiteindelik kennis met sy toekoms, ´n toekoms waarin die masjiene probeer oorneem, en moet sy bes doen om uit die pad van die nuwe T-X te bly. Arnold Schwarzenegger, die ouer model, help en beskerm ons held en die mensdom.
Terminator 3: Rise of the Machines is ´n spannende rolprent wat veroorsaak dat jy jou doos springmielies mishandel in jou poging om saam met die helde uit die pad van daardie opgepompte eierklitsers te bly.
Die film is nie net nog ´n orgie van geweld nie. Dit skets, met erns, so ´n donker prentjie van die toekoms dat dit jou onwillekeurig tot nadenke stem.
Dit is seker veilig om te beweer dat Arnold Schwarzenegger nooit ´n goeie akteur gaan wees nie, maar hy was nog altyd ´n uitstekende Terminator. Soos die film kom hy onafgewerk voor, maar die hele prentjie maak goeie sin en verdien jou swaarverdiende geld.
7/10
Related posts:



[...] jy The Terminator, Terminator 2: Judgment Day en Terminator 3: Rise of the Machines? Wel, vergeet daarvan. Terminator Salvation is ‘n oorlogfliek. Die vierde film in die [...]