AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Diere
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Kook
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Tuin
Verhale
Webcams
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Weer - Min.
Weer - Maks.
Weer - Reën
Winkels
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Dark KnightJMMet: Christain Bale, Heath Ledger, Maggie Gyllenhaal, Gary Oldman, Eric Roberts, Michael Caine, Aaron Eckhart en Morgan Freeman Regisseur Christopher Nolan sny die vrot plekke uit en verbeter waar hy met Batman begin het. Batman Begins was reeds goed, maar The Dark Knight is selfs beter. Anders as in die eerste fliek tree Batman nie op asof dit daardie tyd van die maand is nie. Die vlermuis is ontspanne en het vrede gemaak met al die plekke waar sy leermondering hom knyp. Christian Bale is sekerlik die beste Batman ooit. Die grootste vrot plek, Katie Holmes, is genadiglik uitgesny en vervang met Maggie Gyllenhaal. Morgan Freeman is terug as die wetenskaplike wat vir Batman se vervoer verantwoordelik is; sy skeppings lyk steeds soos Margaret Thatcher se vibrators. Lyfbediende Michael Caine is ook weer op sy plek en word die keer meer prominensie verleen. Soos gewoonlik is daar nie veel te sê oor Aaron Eckhart nie. Gary Oldman is koning.
Ek sien nog 'n beter Batman kom. |