// jy lees ...

Flieks

The Fantastic Mr. Fox

The Fantastic Mr. Fox
Roekeloos

Moet nie ‘n fout maak nie. Die fliek lyk dalk asof dit vir kinders gemaak is, maar The Fantastic Mr. Fox is ‘n opregte Wes Anderson film.

Die storie is die bekende verhaal van Roald Dahl en die animasietegniek is soortgelyk aan wat gebruik is in Tim Burton se The Nightmare Before Christmas en Coraline. Hier en daar is dit ingekleur met tradisionele tegnieke en aangevul met rekenaaranimasie.

Die Mr. Fox (George Clooney) is ‘n trotse man. Hy het nog altyd geweet hoe om enige boer van sy hoenders en kalkoene te verlos. Maar daar is drie boere wat vasberade is om die vos se nek om te draai.

Die tipiese styl van Wes Anderson werk baie goed in hierdie film. Die panoramiese skote, aangevul met lang tye waar die kamera se beweging ingeperk word maak dit ‘n ontspanne affêre. Mens kry regtig kans om te ontspan in jou sitplek en die droë, skerp humor te geniet. ‘n Span bedrewe akteurs dra by tot die aangename ervaring wat die teks bring.

Om terug te keer na kinders; dit is dalk nie ‘n goeie idee om hulle saam te vat nie. Die “outydse” animasie mag hulle dalk net verveel en die dialoog gaan nie regtig vir hulle sin maak nie. Die taalgebruik is wel baie kindervriendelik, want die draaiboekskrywer het, net soos in die boek, die woord cuss gebruik op elke plek waar jy ‘n vloekwoord kon verwag.

The Fantastic Mr. Fox

The Fantastic Mr. Fox

Regisseur: Wes Anderson
Met die stemme van: George Clooney, Meryl Streep, Owen Wilson, Willem Dafoe, Bill Murray, Jason Schwartzman, Wes Anderson & Adrien Brody

3.5

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

No related posts.


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site