AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Love GuruJMMet: Mike Myers, Justin Timberlake, Ben Kingsley & Jessica Alba Blykbaar is daar mense wat aanstoot neem aan The Love Guru se onderwerpe van bespotting. Hindoes is ontsteld oor die lighartige manier waarmee hul tradisies hanteer word. Volwasse mans hou nie van al die penis-grappies nie. Ek is bloot teleurgesteld oor ek soveel meer verwag het van Mike Myers. Kortliks handel The Love Guru oor 'n Amerikaanse seuntjie, Pitka, in in Indië grootgeword het en nou sy woorde van wysheid in Hollywood uitdeel, soos net Deepak Chopra kan. Hy word deur Jessica Alba gehuur om een van haar hokkiespelers en sy vrou weer te verenig. Wat ons hier het is niks anders as Austin Powers met 'n baard nie. Die grappies is gewoon dom en die algemene gevoel wat mens kry is dat jy swaarverdiende geld moes opdok vir simpel hansworstery. Ek het regtig meer verwag. Maar dan was Mike Myers se grappies nog altyd dom. Myers se sukses lê in die uitvoering. 'n Goeie komediant het nie altyd 'n goeie grap nodig om snaaks te wees nie.
Getrou aan die Indiese tradisie kan jy 'n gesing en gedans verwag en olifante wat oulik maak. |