// jy lees ...

Flieks

The Lovely Bones

The Lovely Bones
Roekeloos

As daar nou een persoon is wat ‘n Huisgenoot Skouspel kykbaar sou kon maak is dit Peter Jackson. Ongelukkig sou hy niks kon doen vir die inhoud nie.

Regisseur Peter Jackson weet hoe om van rolprente ‘n visuele skouspel te maak. Dink maar aan die Lord of the Rings-films.

Ongelukkig kon Jackson nog nooit veel doen vir die substansie van ‘n film nie. Die beste voorbeeld is sekerlik sy King Kong. Die ware toets is aan die einde van die film wanneer die aap sterf. In John Guillermin se 1976 weergawe is jy jammer vir King Kong, terwyl die dood van Jackson se Kong jou koud laat.

Dieselfde met The Lovely Bones. Vreemd genoeg voel mens nie veel vir die familie wie se tienerdogter vermoor is nie. Die arme kind is boonop nou vasgevang tussen lewe en dood, vanwaar sy haar familie en moordenaar dophou.

Haar pa soek haar moordenaar, haar ouma probeer die familie troos en die moordenaar se hande begin juk weer, want hy dink hy het daarmee weggekom.

The Lovely Bones

The Lovely Bones

The Lovely Bones is geen uitsondering op die Jackson-reël nie – dit is baie gemaklik op die oog. Susan Sarandon en Stanley Tucci lewer ook ‘n reuse bydrae met uitstekende vertolkings.

Die draaiboek is ongelukkig swak met meeste van die fokus op die “wêreld” waarin die meisie haar bevind. Die draaiboek pas Jackson se styl, maar trek enige angel wat die storie dalk mag hê.

Dit is die moeite werd om die film in ‘n teater te sien, ongelukkig gaan jy dit nie lank onthou nie.

Regisseur: Peter Jackson
Met: Mark Wahlberg, Rachel Weisz, Susan Sarandon & Stanley Tucci

2

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Miss Lovely Legs
  2. Michael Jackson 1958 – 2009
  3. Neill Blomkamp
  4. Die 82ste Oscar-benoemings
  5. Lord of the Rings: The Two Towers

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site