AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by The Mummy: Tomb of the Dragon EmperorJMMet: Brendan Fraser & Jet Li Die eerste ding wat my opgeval het van The Mummy: Tomb of the Dragon Emperor is dat daar heelwat meer geld spandeer is as by die voorgangers. Dat mens nou so kan geld mors. Eerstens is die akteurs hopeloos, ek het al beter vertolkings deur stokmannetjies aanskou. Brendan Fraser is al wat hier en daar wil vlam vat. Sy karakter het hom nog altyd soos 'n handskoen gepas. Ongelukkig word die fokus hier verskuif na sy seun, vertolk deur Luke Ford. Dit wil voorkom asof hulle vorentoe vir Fraser gaan vervang met Ford. Groot fout! Ek is seker daar is mummies met meer persoonlikheid as Luke Ford.
Dis darem nie alles sleg nie. Die rekenaarwerk is baie goed. Dit maak die prys van jou kaartjie die moeite werd. Ek wil amper sê jy moet die een op 'n groot skerm sien. |