AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Stuur jou resensie vir ons by There will be bloodMet: Daniel Day Lewis Dalk moet die kerk en die bar langs mekaar sit. Indien jy There will be blood kan glo is beide die plekke gepak met ongure karakters. Hierdie is die storie van kwaad vs kwaad. Geld en godsdiens pak mekaar in 'n oeroue dans wat ons vandag nog ken. Dit is die verhaal van 'n arm man wat hard werk om ryk en gierig te raak en in die proses ook 'n kerkman se gierigheid ontlont. Dit is ook die verhaal van 'n man wat in konflik staan met die węreld om hom. Hierdie hoofrol het 'n spesiale soort akteur vereis. Daniel Day-Lewis trek sy rol aan soos 'n handskoen en wys hoekom hy die Oscar kon huis toe neem.
Hierdie fliek is nie ligte vermaak nie. Dit is 'n instense film wat jou betrek en met 'n hele paar vrae huis toe stuur. |