Dit begin beskeie. ‘n Swart en wit nuusfilm vertel van die reise van die bekende avonturier Charles F. Muntz. Dan blom die skerm met die kleurvolle Up, een van die beste animasieflieks van resente tye.
Uit ‘n estetiese oogpunt volg die vervaardigers van Up ongetwyfeld ‘n meer konserwatiewe benadering, dit wil voorkom asof die Pixar-span se leisels styf vasgehou is, maar terselfdertyd is hulle meesterlik bestuur om ‘n produk van uitnemendheid te skep.
Dit wil gedoen wees om ‘n tweede meesterstuk te skep so kort na WALL-E (2008). Die film se begin is aanvanklik soortgelyk aan die van WALL-E. Die lief en leed van Carl en Ellie word op ‘n aandoenlike wyse woordeloos vertel. Dan neem Carl, nou oud, sy huis op reis met ‘n klomp balonne, nes hy Ellie belowe het. In die proses neem Carl per ongeluk vir die 8-jarige Russell saam.
Up is ‘n sjarmante film wat kinders gaan bekoor, maar dit is die ryk subteks wat die meer volwasse brein aan die dink kan sit. Dit is beslis Pixar se mees volwasse film tot op datum.
Regisseur: Pete Docter & Bob Peterson
Met die stemme van: Edward Asner, Christopher Plummer & John Ratzenberger
4½ / 5
13 September 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
Related posts:















[...] Beste Animasiefilm: Up [...]
[...] Up [...]