AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by Pearl HarbourMeeste mense het boeke op hul koffietafels. Meeste van die selle mense het nog nooit een van die boeke gelees nie. Meeste van die boeke het in alle geval net prentjies in. Michael Bay se Pearl Harbour is ´n voorbeeld van ´n koffietafelfliek. Bay se nuutste, met hulp van maatjie Jerry Bruckheimer, is niks anders as ´n filmweergawe van ´n koffietafelboek nie. Daar is meer as genoeg glans en die prentjies is uitsonderlik mooi, maar van ´n binneste is daar nie veel sprake nie. Die uwe het amper aan die slaap geraak voor die bomme begin val het. Indien jy dus ´n uur of wat te laat opdaag vir die fliek kan jy jouself op die skouer klop oor jy niks gemis het nie. Visueel is die film uitsonderlik, maar jy gaan nie werklik iets wys word oor die omstandighede en geskiedenis van Pearl Harbour nie, amper iets soos die Dunhill Fire and Light Show. Sover dit die rolverdeling aangaan is Ben Affleck bloot teenwoordig, Kate Beckinsale is daar vir haar wulpse lyfie en stywe tieties, Dan Aykroyd lyk of hy per ongeluk op die stel beland het en Alec Baldwin bevestig net weereens dat hy geen talent het nie. Net Jon Voigt het homself goed laat geld as die eertydse president Roosevelt. Die beste van die fliek is egter die @$%&@ groot blapse wat Bruckheimer en Kie begaan: 1. Die rolprent speel op die eiland Hawaii af, maar daar is nie een enkele boorling van die eiland in ´n skoot nie. 4/10 |