AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
Stuur jou resensie vir ons by A Man ApartMet: Vin Diesel Indien jy ´n Skot hoor wat ´n sekere deel van die menslike anatomie beskryf klink dit baie soos aars, ´n Afrikaanse woord wat min of meer na dieselfde deel van ons anatomie verwys en dit wil voorkom of Vin Diesel besig is om een van homself te maak met die tipe films wat hy deesdae aanpak. Die storie loop soos iets uit ´n Steven Seagal-film met Diesel as ´n polisieman wie se hemelagtige vroutjie in ´n aanval op hul huis doodgemaak word. Sodra hy van sy wonde herstel vat hy die pad om die booswigte te laat les opsê.....(Gaap!) A film apart sou dalk ´n beter titel gewees het met die editors wat die hele ding versnipper het tot iets wat die oë irriteer en filmatografie wat dit moeilik maak om altyd te sien wat op die doek gebeur. Destyds met Pitch Black het Vin Diesel gelyk soos ´n toekomstiige ster met heelwat belofte, maar dit wil ongelukkig voorkom of hy net nog ´n Schwarzenegger/Stallone-kloon is. Wie weet, teen sy volgende rolprent kan hy ook dalk by die kant van sy mond uit praat. |